SELFS OP JOU SLEGSTE DAG

Gary Wilkerson

Heilig en gesalf – hierdie twee belangrike elemente van Jesus se lewe is bedoel om ook deel te wees van ons lewens. Ons is geroep om heilig en gesalf te wees maar sommige Christene mag geïntimideerd voel hierdeur. “Ek leef ‘n sedelike lewe en ek doen my bes om goddelik te wees – maar heilig? En gesalf? Hoe kan dit wees – met al my mislukkings?”

Prontuit vanuit Petrus se pen kom hierdie instruksie: “Omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig” (1 Petrus 1:16). Die enigste manier waarop dit ooit bereik kon word is as Jesus vir ons sy eie heiligheid en salwing gee. En dit is presies wat Hy gedoen het deur sy volmaakte offer vir ons!

Vir drie-en-dertig jaar, het Christus op aarde geleef, en volmaakte vlekkelose motiewe, spraak en aksies weerspieël. As Hy skuldig was aan net een sonde, sou Hy nie kon betaal vir ons sondes nie. Maar deur sy volmaakte lewe op aarde, is sy betaling vir die sondes van die hele wêreld deeglik en eindeloos.

Christus se werk vir ons – sy kruisiging, dood en opstanding – het meer gedoen as om ons te reinig van sonde. Hy het ook aan ons geregtigheid gegee. Dink aan wat ‘n wonderlike ding dit is: Terwyl ons sondes op Hom is, is al sy geregtigheid op ons. Een van die sondes waarvan ons gereinig moet word, is die diep geloof dat ons optrede ons regverdig maak. Ons kan nooit ons weg na ‘n hoër vlak van geregtigheid verdien nie; ons word regverdig gemaak deur Hom alleen.

Paulus getuig, “Nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof” (Filippense 3:9).

Miskien voel jy heilig op die dae wanneer jy goed doen; jy aanbid en is bewus van God in alles. Maar moenie dit as ‘n toestand van heiligheid beskou nie, want jy kan nooit heiliger wees as wat Jesus se bloed jou kan maak nie, selfs op jou slegste dag. Deur sy krag, is jy sy waardige getuie nie net in goeie tye nie, maar ook in slegte tye. Sy offer bevry jou van sonde en maak jou regverdig.