WAT VERHINDER GOD SE WERK IN ONS?

David Wilkerson (1931-2011)

“Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon” (2 Krinthiërs 12:9). Die apostel Paulus het swak geword as gevolg van swaarkry en ellendes maar toe hy terneergedruk was, het hy nie moed verloor nie. Hy het gejuig in die proses om swak gemaak te word omdat dit die geheim was tot sy krag by Christus, en uit daardie swakheid het hy sterk geword.

Sommiges mag ‘n onvervullende werk hê, ‘n swakheid, ‘n toestand van diepe eensaamheid of egskeiding. Daardie dinge is geldige redes om moedeloos te wees maar die een ding wat heeltyd God se werk in ons lewe verhinder, is eenvoudig die self.  Toe Jesus gesê het ons moet sy kruis opneem en Hom volg, het Hy ons gevra om onsself te verloën (sien Lukas 9:23). Ons trots sê, “Ek kan dit self doen.” Maar Jesus sê, “Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie” (Johannes 15:5).

Jesus kyk na hierdie wêreld, vol verwarde kinders wat probeer om hulle eie geregtigheid op te rig, en Hom op hulle eie manier te behaag, terwyl Hy vra vir kruise. Die kruis is bedoel om ons te breek en ons van alle menslike pogings te stroop. Hy kan nie oorneem nie todat ons opgee het en uitroep na Hom, “Vader, ek kan nie nog ‘n tree gee nie! My krag is weg! Help!”

Geliefde, moenie aan jou beproewing dink as oordeel van God en moenie jouself veroordeel nie. Eintlik is dit waardeur jy gaan ‘n bewys van sy liefde vir jou, wat jou tot uiteindelike oorwinning en volwassenheid bring. Jy is in Christus se eie skool van dissipelskap, so juig dat as jy swak word en soos jy jouself aan Hom onderwerp, sal jy sy oorweldigende krag beleef.