‘N STRYD BEDOEL OM TE STRY

Gary Wilkerson

Die boek Job beskryf baie vrae wat hierdie lydende gelowige vir sy hemelse Vader gevra het tydens sy tyd van groot verdrukking. Waarom het hy deur soveel lyding gegaan? Waarom was sy lewe so betekenisloos nadat dit so vrugbaar en voorspoedig was? Wat was die doel met dit alles? God se reaksie op Job is kreatief en uniek omdat Hy hom antwoord met hierdie vraag: “Kan jy die krokodil [leviatan] met ‘n hoek uittrek?” (Job 40:20). In antieke tye, was ‘n leviatan ‘n groot seeskepsel, of selfs ‘n slangagtige watermonster en hier dui dit op ‘n stryd van mitiese proporsies.

God roep mense om te veg teen die chaos en wanorde wat selfs hele stede oorgeneem het. Die stryd is gewigtig, diep en bestaan omdat ‘n man of vrou van God nie opgestaan en gesê het, “Dit is bedoel om teëgestaan te word. Dit is bedoel om teen te veg. Ons kan nie dit aanvaar asof die leviatan vrylik kan heers sonder ‘n stryd nie.”

Die Bybel is vol oorlogsanalogieë. God belowe ons oorwinning, wat beteken daar is iets om te oorwin – en triomf beteken daar is ‘n potensiaal vir nederlaag. Maar ons moet gereed wees om ernstig oorlog te voer, gewapen met die regte toerusing. “Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle ... staande kan bly” (Efésiërs 6:13).

Jy het dalk ‘n leviatan in jou lewe, of dit nou in jou eie hart en verstand, of in jou familie is. Jy glo God vir ‘n wonderwerk maar jy raak moeg vir die stryd en weet nie hoe om te oorwin nie. Wanneer jy moeg is, moenie opgee nie; wanneer jy bebloed is, moenie opgee nie; wanneer jy moedeloos raak, moenie opgee nie. En as jy onderstebo geslaan word, moenie onder bly nie – maar druk deur met die krag van sy mag. “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare” (Sagaría 4:6).

Die Here is magtig in die stryd en geen duisternis van die hel kan teen Hom staande bly nie. Hoe geseënd om te weet dat die Heilige Gees in jou woon en jy nie alleen is nie – so staan sterk in die Here!