DIE PROBLEEM MET EENDAG

David Wilkerson (1931-2011)

Een van die mees tragiese woorde in enige taal is eendag.  Dit som die onvervulde hoop en drome van hierdie hele geslag op. Soveel is verslaaf, eensaam, hartverskeurd, ontnugter, verwerp en wag op ‘n wonderwerk om te gebeur. Maar niks gaan gebeur nie tensy hulle stappe neem om dit te laat gebeur.

Vier melaatse manne het buite die stad Samaria gesit. Die Assiriese leër was vasbeslote om hulle te laat sterf van die honger. Hierdie manne kon van honger gesterf het, maar hulle het besluit om iets te doen aan hulle hopelose situasie. Hulle het gevra, “Wat bly ons hier totdat ons sterwe? ... as hulle ons doodmaak, dan sterwe ons. En hulle het klaargemaak in die aandskemer om in die laer van die Arameërs in te gaan; maar toe ... was daar niemand nie” (2 Konings 7:3-5). Toe hulle die laer binnegegaan het, het hulle kos, goud, silwer, klere – alles wat hulle harte begeer het ontdek, want die Here het ingegryp (sien verse 7-8).

Daar is iets tragies verkeerd met die manier waarop die meeste van ons die Christelike lewe leef. Ons leef dit glad nie op die manier waarop God dit bedoel het nie! Beskou die woorde wat God gebruik om die lewe te beskryf wat Hy voorsien het vir alle gelowiges: oorvloedig en seëvierend; vervullend, vreugdevol; die vrede van God en geen duisternis nie; vryheid, wysheid, blydskap en seëninge; krag, kalmte, versekering en oorwinning!

Dink nou aan die negatiewe woorde wat rondgeslinger word deur Christene vandag: tred hou, depressie, bang, angstig, slapeloos, eensaam, neerslagtig, leeg, rusteloos; swak, skuldig, veroordeel; verdruk, vasbyt, senuagtig, verslae, uitgebrand.

God het nooit bedoel vir Sy kinders om te leef asof Hy die aarde verlaat het en aan Satan beheer oorgegee het nie. Die mees getroues onder ons raak moeg en selfs die sterkste verloor soms moed. Maar dit moenie toegelaat word om so aan te gaan nie!

Christus kom terug vir ‘n triomferende, oorwinnende kerk wat seëvier oor al die krag van die vyand. “Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei” (2 Korinthiërs 2:14).

Geliefdes, staan op vandag en lewe in oorwinning want “in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het” (Romeine 8:37).