‘N BRON VAN KRAG TYDENS ONS BEPROEWINGS

Carter Conlon

Jesus het gesê, “Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin” (Johannes 16:33).

Ons sou wys wees om die volgende woorde te beskou wat deur Jesus aan sy dissipels gesê is, terwyl ons in ag neem dat ons in hierdie lewe, verdrukking, beproewings, probleme, teenstand, droefheid en soms selfs depressie sal hê. Ons sal valslik beskuldig word, selfs gelaster word, maar tog kan ons bly wees omdat die belofte van God dat maak nie saak hoe donker die dae mag word nie, ons dit gaan maak tot by die eindstreep. Onthou, Jesus het reeds die oorwinning vir ons behaal!

Hoewel die oorwinning seker is, is ons nie vrygestel daarvan om die stryd te stry wat tans voor ons is nie. Ons word gewaarborg dat ons aan die einde van hierdie lewe, saam met Jesus gaan sit, en saam met Hom gaan regeer en heers. Ons gaan ‘n herehuis in die hemel hê en loop op strate van goud. Ons sal voor die troon van God staan, en ons sal Hom hoor sê, “Welgedaan, goeie en getroue dienskneg. Jy was getrou in ‘n paar dinge, en daarom sal Ek jou heerser maak oor baie dinge. Gaan nou in die blydskap van die Here in!” (sien Matthéüs 25:21). Maar ons het steeds oorloë om te voer.

Een van die redes waarom ons verdrukking in hierdie wêreld het, is omdat dit dikwels die enigste manier is waarop mense rondom ons ooit sal weet dat God werklik is. Ek en jy moet deur dieselfde vuur, dieselfde vloed, dieselfde moeilike dae gaan as al die ander. Maar, die verskil is dat ons ‘n innerlike bron van krag het wat ons sal deurdra en ‘n lied gee.

Die psalmdigter Dawid het geskryf, “Hy het my uit die kuil van vernietiging ... opgetrek en my voete op ’n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak. En Hy het ’n nuwe lied in my mond gegee” (Psalm 40:3-4).

 

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.