GROEI JY GEESTELIK?

Jim Cymbala

God is nie so geïnteresseerd in wat ons vir Hom “doen” nie, as wat Hy is dat ons geestelike vrug dra. En net sy Gees aan die werk binne-in ons kan die goddelike karakter vorm wat Hy begeer. Beskou Paulus se gebed vir die gelowiges in Kolosse: “Sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei” (Kolossense 1:10).

As Christene maar net so begaan was oor hulle geestelike groei as wat hulle is oor hulle fisiese groei! Toe Paulus die gelowiges gesmeek het om “waardiglik voor die Here te wandel,” het hy eenvoudig bedoel hulle behoort in genade te groei en vrug te dra tot God se eer. Vrugbaarheid is trouens die enigste bewys dat iemand ‘n ware Christen is.

Hoe kan ons weet ons groei geestelik? Die Skrif bied die enigste standaard aan waardeur ons onsself kan meet. Jesus het gesê, “Julle moet weer gebore word” (Johannes 3:7). Net soos fisiese geboorte ‘n beginpunt is vir fisiese groei, is wedergeboorte die beginpunt vir geestelike groei. Ons besit die kapasiteit om geestelik te groei op baie dieselfde manier as wat blomme, bome en baba’s groei en ontwikkel. Ons moet “toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus” (2 Petrus 3:18). Verder, word ons vermaan, “verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei” (1 Petrus 2:2).