BESKOU DIE UITEINDE VAN JOU BEPROEWING

Tim Dilena

Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie. En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word” (Jakobus 1:2-5).

Jakobus was ‘n leier met ‘n direkte manier van praat – sonder grappies of inleidings en het prontuit tot die punt gekom. Na ‘n een-woord groet, het hy dadelik sy brief begin met hierdie imperatief: “Ag dit louter vreugde.” Met ander woorde, wees bly wanneer jy op ‘n onwaarskynlike plek genaamd nood is. Maar om blydskap te vind wanneer dinge rof gaan, is uitdagend, so die volgende vier woorde sal jou help verstaan hoe jy dit kan verkry.

AG – WEET – LAAT – VRA

Jakobus het geweet dat wanneer jy na Jesus kom, jy beproewings en verdrukkings gaan beleef, en Hy sê wanneer, nie as jy hulle beleef, moet jy dit vreugde ag. Jy moet dalk weer fokus om die blydskap te kry, maar dit is daar. Dit kom van die uiteinde te beskou van dit waardeur jy gaan en die Bybelse vermaning streng te volg om dit diep te bepeins.

Moenie opgee voor jou toets verby is nie. ‘n Belangrike ding om te weet is dat jou beproewings nie enigiets van jou af wegneem nie; dit produseer goeie dinge in jou. Dit mag voel asof God teen jou is, maar Hy is vir jou en maak jou volwasse, so moenie sy missie op niks laat uitloop nie. Met ander woorde, moenie jou beproewings mors nie. Jy kan naby aan die einde wees, so laat God se genade jou in staat stel om te verdra.

Laastens, wat as jy in ‘n posisie kom waarin jy geen idee het wat om te doen nie? Vra eenvoudig vir God vir wysheid en Hy sal jou lei. Trouens, om God te vra, is net ‘n ander frase vir gebed, so plaas jou vertroue in Hom en vra vrylikmet vetroue.

Tim Dilena het vir 30 jaar lank in Detroit bedien en toe in New York Stad by Brooklyn Tabernacle. Pastoor Tim, sy vrou Cindy en 4 kinders lei nou ‘n kerk in Lafayette, LA.