Lieflike Rus in My Here

David Wilkerson (1931-2011)

“Versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig...” (Psalm 16:11).

Christene word meer ontevrede met die manier van hoe dinge in die wêreld en in die kerk is. Hierdie heiliges sê, “God het iets méér vir ons! Hy roep ons om Hom beter te leer ken en ons wil leef in gehoorsaamheid aan daardie oproep.” Hulle begin om te vas en te bid in hulle soeke na groter geestelike diepte.

Wanneer die Here jou bonatuurlik wil aanraak, sal Hy jou nes omkrap. ‘n Onverklaarbare goddelike rusteloosheid sal oor jou kom en jy sal ongeïnteresseerd raak in baie van wat jy in die lewe doen. Al jou prestasies sal jou leeg en onvervuld laat voel en jy sal ‘n diep, onvervulde behoefte in jou gees ervaar.

Die teken van hierdie bonatuurlike aanraking is ‘n honger hart. Elke oomblik wanneer jy wakker is, sal jou hart uitreik na Hom, en sy gedagtes sal altyd in jou gedagtes wees. God wil hê jy moet jou losmaak van die dinge van hierdie wêreld en jou volheid in Hom vind.

Is jou siel honger vir meer van die Heilge Gees in jou lewe? Beleef jy sy roeping tot ‘n dieper wandel met God? Indien wel, beëndig die stryd in jou hart deur alles aan die Meester oor te gee. Jy kan ware vrede en geluk ken die oomblik waarop jy ophou om groter sukses of meer “goed” te kry om jou ego te bevredig. Soek niks anders as Jesus nie, en jou lewe sal nuwe betekenis kry. Angs sal verdwyn, wêreldse ambisie sal sterf en jou geestelike oë sal geopen word vir die waarheid.

Wanneer die Heilige Gees jou openbaringskennis gee, sal jy ware rykdom in Christus Jesus beleef. Jy sal elke oggend wakker word met oorvloedige blydskap en jou siel sal uitroep, “Ek het gekry waarna my siel verlang het. Rus – lieflike rus in my Here.”