Om Helder te Skyn in ons Beproewings

David Wilkerson (1931-2011)

“Juig voor die HERE, o ganse aarde! Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel” (Psalm 100:1-2).

 “Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap” (Psalm 68:4).

“Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet” (Psalm 5:12,13).

God is ernstig daaroor dat sy kinders Hom met vreugde en blydskap moet dien – wat die gevolg is van die een groot fundamentele waarheid: ons is onder sy beskermende vlerke! Hy wil nie hê ons moet verslaan en terneergedruk wees en leef soos ongelowiges nie.

Die Bybel is vol van die glorieryke stories van diegene wat blydskap gehandhaaf het gedurende al hulle beproewings – selfs toe al die ander moed verloor het. In een geval, het die hele Israel gemurmureer en gekla behalwe twee manne van God, Josua en Kaleb. Hulle het nooit één keer in hulle geloof en blydskap gewankel nie, selfs nie toe almal rondom hulle toegegee het aan wanhoop en nederlaag nie (sien Númeri 13).

In ‘n ander, het drie Hebreeuse jongmanne, Sadrag, Mesag en Abednégo gespring van blydskap toe hulle gesê het, “Ons sal ons God dien met vertroue en blydskap!” Hulle het gejubel in die Here, onwrikbaar in hulle geloof, terwyl hulle bonatuurlik verlos is uit die vuuroond (sien Daniël 3).

Die apostel Paulus het gesê, “Ek loop oor van blydskap in al ons verdrukking” (2 Korinthiërs 7:4). Volkome vertroue in die Here veroorsaak blydskap. Selfs vandag, het die Here ‘n volk wat nie sal buig nie. Hulle lig hulle hoofde op deur al hulle beproewings heen en roem in die Here. Hulle skyn soos pragtige voorbeelde van hoe die blydskap van die Here moontlik is in enige beproewing.

As jou hart reg is met God, het jy die reg om te juig en bly te wees! Oor en oor maak God dit duidelik dat Hy verlang om geniet te word deur sy kinders. Onthou, “Die blydskap in die HERE – dit is julle beskutting” (Nehemía 8:11).