Jou Persoonlike Heilige Grond

David Wilkerson (1931-2011)

Toe God Moses by die brandende bos geroep het, het Hy hom beveel: “Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond” (Exodus 3:5). Heilige grond is nie ‘n fisiese plek nie, maar ‘n geestelike een. Toe God Moses beveel het om sy skoene af te trek omdat hy op heilige grond was, het hy nie verwys na ‘n twee-by-vier stuk eiendom nie. Hy het gepraat van ‘n geestelike toestand.

Die plek was heilig! Watter plek? Die geestelike toestand waarby Moses uiteindelik uitgekom het. Sy geestelike groei het hom by ‘n plek gebring waar God na hom toe kon deurdring – ontvanklik, oop om te luister, volwasse en gereed om mee gehandel te word deur ‘n heilige God. Heilige grond is ‘n plek van ontlediging, van geen reputasie, soos ons weet, die Here self het op dieselfde plek gestaan: “Maar het Homself ontledig deur die gestalte van ’n dienskneg aan te neem” (Filippense 2:7).

Op een stadium was Moses hoog geag, gerespekteer in hoë regeringsposisies, gesog en bevoorreg. Maar God het hom nie gebruik totdat hy al daardie gewildheid en agting afgeskeur en hom by ‘n plek gebring het van geen invloed nie. Moses het by daardie plek gekom waar hy gebroke was en werklik nie meer omgegee het oor sy werk of reputasie nie. Hy was gestroop van al sy regte – omdat dit was wat die uittrek van die skoene beteken het. En dit is toe die groot “EK IS” geopenbaar was. Dank God vir daardie reinigende oomblik wanneer die ou vlees deur geloof mee weggedoen word en die hand van bediening gereinig word.

Om by jou persoonlike heilige grond uit te kom, vereis algehele eerlikheid voor God – en miskien ‘n bietjie snoeiwerk. Maar wanneer jy kom by die plek van jou reputasie prysgee, sal jy openbaring vind. Kies om die Here na te jaag met jou hele hart en sê saam met ons vaders in die geloof, "Neem die hele wêreld, maar gee my Jesus.”