Maak Gereed vir Oorlog

Gary Wilkerson

“Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen ... die bose geeste in die lug ... terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges” (Ephesians 6:10-12, 18).

In die eerste vyf hoofstukke van sy brief aan die kerk in Éfese, het Paulus die wonderlike dinge wat die Heilige Gees gedoen het, erken en gejuig oor die geestelike groei wat plaasgevind het in hulle lewens. In hierdie afsluitende hoofstuk, gee hy ‘n boodskap van waarskuwing aan hulle oor die teëstand wat op pad was – en dat hulle gereed moes wees.

Geïnspireer deur die Heilige Gees, het Paulus die Efésiërs baie noukeurig in geestelike oorlogvoering opgelei. Eerstens, hy het hulle gewaarsku dat die magte van die duisternis teen hulle sou kom om hulle te beroof van hulle erfdeel – en hy het die woord teen verskeie kere herhaal. Dit was nie as die vyand teen hulle sou kom nie, maar wanneer en hoe dikwels en hoe erg. Daarom het hy vir hulle vertel hoe om sterk in die Here te wees en op Hom te vertrou omdat dit nooit voldoende is om in ‘n mens se eie krag te probeer veg nie.

In Efésiërs 6:14-17, beskryf Paulus die hele wapenrusting van God wat hulle volkome sou toerus:

  • Die gordel van waarheid
  • Die borswapen van geregtigheid
  • God se skoene vir jou voete
  • Die skild van geloof
  • Die helm van verlossing
  • Die swaard van die Gees

Jy moet verstaan dat jy teen die geestelike magte van die bose stry. Jy is ‘n burger van die hemel, ‘n Christen wat in die waarheid glo en vir die waarheid sal stry. Om die lewe van ‘n oorwinnaar te leef, neem “die hele wapenrusting van God” op en maak gereed vir konflik. Bestudeer God se Woord, bid in die Gees, en jy sal in staat wees om ná die stryd as die oorwinnaar te staan en al die eer aan die Allerhoogste God te gee.