Genade vir Ons Foute

Carter Conlon

Wanneer die duiwel gelowiges verlei om te sondig, is dit belangrik om te besef dat hy daarvan hou om ‘n pragtige, idilliese prentjie te skilder, maar nie die hele prentjie nie – nie die angs, verlies, smart en hartseer nie. Hy doen dit om jou heeltemal uit die stryd te haal. Hy het dit verseker gedoen op die dak toe Koning Dawid ‘n ander man se vrou raakgesien het. In daardie kritieke oomblik, het Dawid na die prentjie voor hom gekyk, ‘n verkeerde keuse gemaak en gevolglik in owerspel verval.

Die Here het eens vir Dawid ‘n ontsaglike belofte gegee. “En jou huis en jou koningskap sal bestendig wees tot in ewigheid voor jou; jou troon sal vasstaan tot in ewigheid” (2 Samuel 7:16). Met ander woorde, wandel saam met My en Ek sal jou en jou huis seën. Net so, belowe God om ons te seën, maar sy seën is nie onvoorwaardelik nie. Daar is altyd gevolge op die keuses wat ons maak.

Ons almal kom by daardie kritieke punte in die lewe wat die potensiaal het om ‘n groot impak op die koers van ons toekoms te maak, net soos Dawid. Ek kan nie anders as om te dink, as Dawid tog net ‘n ander keuse gemaak het op daardie deurslaggewende oomblik. Dit is jammer dat hy die verkeerde keuse gemaak het en nooit geglo het dat hy ‘n moordenaar en ‘n leuenaar sou kon word en mense in ‘n nederlaag sou inlei nie. Maar selfs toe, het Dawid egter ontdek dat God genadig was!

Dawid het teruggekeer na sy eerste liefde omdat hy uiteindelik, soos die Skrif beskryf, ‘n man na God se hart was. Psalm 51 gee vir ons ‘n kykie na sy hart: “Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid. Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde” (Psalm 51:3-4).

As jy êrens langs die pad die verkeerde keuse gemaak het, skep moed omdat Hy wag om van jou te hoor. Hy sal jou die oorwinning gee net daar waar jy is! Dit is waaroor eerste liefde gaan en daarmee saam, kom al die seëninge wat slegs uit die hand van God kom.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.