Glo Jy in God se Voorsiening?

David Wilkerson (1931-2011)

Daar is kere wanneer dit lyk asof God niks doen nie – wanneer sy kinders beskaamd en in wanhoop gelaat word – maar die volle storie word nie vertel nie. Dwarsdeur die Bybel het Hy mense gehad wie se rotvaste geloof sy getrouheid bewys het in die moeilikste van tye. Hierdie dienaars het onbeskaamd by die Here aangedring om vir hulle op te tree.

Kom ons beskou Moses by die Rooi See, wat ‘n menslik onmoontlike situasie was. Israel het gevlug vir die Egiptiese leër, vasgekeer deur die see aan die een kant en die berge aan die ander kant. Dit was hier waar Moses God aan sy beloftes gehou het. Hy het reeds geprofeteer dat God Israel in die Beloofde Land sou inlei en nou was die Here die reputasie op die spel vir almal om te sien.

Verbeel jou die berigte wat by Farao uitgekom het. Die hele Egipte het verwag om te sien hoe die Israeliete in boeie teruggebring word maar wat was Moses se reaksie op hierdie krisis? Hy het vol vertroue vir die volk gesê, “Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die HERE wat Hy vandag vir julle sal bewerk; want soos julle die Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie. Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees” (Exodus 14:13-14).

Moses het so in God se voorsiening geglo en sy woord vertrou om Israel in sy belofte in te lei, dat hy gesê het, “Ek weet die Here is getrou en ek gaan volgens sy woord optree!” Dink oor die gevolge van sulke geloof. As die Rooi See nie bonatuurlik oopgegaan het nie, sou hulle gedink het dat Moses ‘n dwaas was. Die Israeliete sou teruggaan het in slawerny en God sou nooit weer vertrou word nie. Tog weet ons almal wat gebeur het: Toe Moses sy hand uitgestrek het, het die water verdeel en die volk het op droë grond tot aan die anderkant geloop. Ek verseker jou, niemand wat ten volle op God vertrou, sal ooit beskaamd staan nie. God sal sy belofte gestand doen ter wille van sy eie Naam.

Nie een van God se kinders wat ten volle op sy Woord vertrou, sal ooit beskaam staan nie. Hy sal verlos volgens sy belofte om sy eie Naam se onthalwe!