Gedra Deur Jesus se Gebed

David Wilkerson (1931-2011)

“En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie” (Lukas 22:31-32).

Jesus het die sifting wat met Petrus sou gebeur, voorspel, en Hy sou dit nie keer nie omdat die proses nodig was. Maar Jesus het vinnig bygevoeg, “Ek het vir jou gebid.” “Ek hét vir jou gebid,” nie “Ek sál vir jou bid” nie. Hy het waarskynlik ure met die Vader oor Petrus gepraat – hoe lief Hy hom het, hoe nodig hy was in God se koninkryk, hoe Hy hom waardeer het as ‘n vriend. Toe Jesus gesê het Hy het vir hom gebid, het hy nie net met Petrus gepraat nie, maar met al die dissipels – en met ons vandag.

Jesus het die wreedheid van die magte van die bose en hoe Satan die Here se volgelinge sif, geken. Niemand van ons kan die groot konflik, wat tans in die geestelike realm woed teen die heiliges wat hulle harte onwrikbaar daarop gerig het om die hele pad met Christus te gaan, begryp nie.

In jou geestelike wandel, kom daar ‘n oomblik waarop jy die lyn oorsteek na ‘n lewe van gehoorsaamheid en afhanklikheid van Jesus en vasbeslote is om nooit om te draai nie. Wanneer dit gebeur, word jy ‘n bedreiging vir die koninkryk van die duisternis, en dus ‘n teiken vir die owerhede en magte. Die getuienis van elke gelowige, wat hom met sy hele hart tot die Here bekeer en na heiligheid en ‘n dieper wandel met Jesus smag, sluit die skielike uitbraak van intense beproewings in!

Jesus het sy oë na die hemel opgehef en gesê, “Ek bid vir hulle ... Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam die wat U My gegee het...Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar” (Johannes 17:9,11,15).

As jy uitverkoop is aan God – sy Woord lees, tyd met Hom deurbring en verlore siele liefhet – maak nie saak waardeur jy gaan of wat vir jou voorlê nie, Jesus bid vir jou. Wat ‘n wonderlike vertroosting is dit vir elke kind van God.

Tags