Waar Sal Jy Wees?

Tim Dilena

“Ons oog is net op God se wêreld ingestel. Dit wat ons vandag sien, is in elk geval môre nie meer daar nie. Hier hou niks vir ewig nie. Al wat vir altyd sal bly bestaan, is God se nuwe wêreld” (2 Korinthiërs 4:18, Die Boodskap).

Hierdie woorde wat deur die apostel Paulus gespreek is, is kragtig. Hy herinner ons aan dinge anderkant hierdie lewe wat ons nie kan sien nie. Ewige dinge! Ons lewe op hierdie aarde is maar die eerste bladsy van ‘n nimmereindigende storie wat aangaan tot in die ewigheid. Dit is vir ons moeilik om ‘n idee te hê van grootsheid van die ewigheid. Trouens, dit is vir ons moeilik om die woord miljard te verstaan. Byvoorbeeld, ‘n miljard sekondes gelede was dit 1959. ‘n Miljard minute gelede het Jesus gelewe en gewandel op hierdie planeet. ‘n Miljard ure gelede het die karakters in Génesis geleef: Adam, Abraham, Noag. Dink daaraan!

Dawid het gesê, “HERE, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is” (Psalm 39:5). Ons sal nie vir ewig hier bestaan nie; trouens, ons sal nie vir baie lank meer hier wees nie. Maar ‘n miljard jaar van nou af sal ons êrens wees – dus is die vraag: waar sal jy wees?

Merkers in begraafplase bevat tipies die datum waarop jy gebore is en die datum waarop jy gesterf het – geskei deur ‘n strepie. En dit wat gebeur tydens die “strepie” bepaal waar jy die ewigheid sal deurbring. Gedurende jou sewentig, tagtig, of selfs meer jare, sal jy baie keuses maak wat die manier waarop jy leef bepaal, maar jou belangrikste besluit sal aangaande jou ewige bestemming wees. Jesus het vir Nikodémus, ‘n owerste van die Jode, gesê, “As iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie” (Johannes 3:3).

God beskik ‘n weg – een weg – na die hemel en dit is deur sy Seun, Jesus Christus. Jesus het gesê, “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Johannes 14:6). God maak dit baie eenvoudig as Hy sê, “Die enigste weg na die ewige lewe is deur Jesus.” Die ewige lewe – miljarde op miljarde jare – saam met ons Here en Verlosser. So ‘n glorieryke hoop! Nou is die tyd om seker te maak dat jy jou besluit gemaak het om die ewigheid saam met Hom deur te bring.

Pastoor Tim het in ‘n middestad gemeente in Detroit bedien vir dertig jaar voor hy by Brooklyn Tabernacle in New York Stad bedien het vir vyf jaar. Hy en sy vrou Cindy bedien tans in Lafayette, Louisiana.

Tags