Vryheid van Vrees en Bekommernis

David Wilkerson (1931-2011)

Terwyl ek op ‘n plaaspad in New Jersey geloop het, het ek ‘n goeie gesprek met my Here gehad. Ek het gehuil, “Here, ek kan nie met allerhande vrese en bekommernisse lewe nie. Ek wil, ongeag wat die toekoms ook al inhou, met rus, blydskap en eenvoudige vertroue leef!”

Die Heilige Gees spoor my aan: “Die sleutel tot vryheid van alle vrees en bekommernis word gevind in twee woorde – mossies en hare. Onthou wat ek gesê het in Matthéüs 10:28-33. “Word twee mossies nie vir 'n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie. En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel” (verse 29-30).

Dit klink so elementêr, so heel eenvoudig – maar wat Jesus vir ons hier sê, is baie deurslaggewend.

Uit 9,000 voëlspesies, het God die mossie uitgesonder om na te verwys in sy Woord. Mossies is wonderlik gemaak, hulle dun bene is sterk en spesiaal toegerus om mee te vlieg. Trouens, die hedendaagse wetenskap kan steeds nie hulle ingewikkelde vlerkstelsel, wat hulle in staat stel om tot drieduisend myl te migreer, namaak nie. God het elke been, elke veer ontwerp – en Hy het almal getel.

Elke haar op ons hoof is getel deur ons Vader in die hemel. Tussen 100,000 en 150,000 hare bedek die gemiddelde menslike hoof en selfs diegene wat bles is, het die vellus-tipe hare wat onsigbaar is vir die menslike oog. God maak hare bruikbaar – wenkbroue om sweet uit ons oë te hou en wimpers om ons ooglede te beskerm wanneer stof of klein insekte te naby kom. Klein haartjies in die ore en neus hou inkomende deeltjies uit. Elke haar is ‘n silinder van selle wat diep in die vel ingaan om die bloedvate te bereik wat dit voed.

 Dit is geen wonder dat Dawid gesê het, “Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke!” (Psalm 139:14). As ons dink aan die ingewikkelde ontwerp van God se skepping, behoort dit ons selfs meer oplettend te maak oor ons hemelse Vader se wakende sorg oor ons. “Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel” (Matthéüs 6:34). Hy weet wat ons nodig het en sal dit met blydskap voorsien.