God se Heilige Wolke

David Wilkerson (1931-2011)

Die wolk, daardie mistige bedekking wat dikwels op God se kinders neerdaal, is nie ‘n klad in God se handskrif nie. Saam met Jesus, kom wolke as deel van die sluier van sy heerlikheid. Wolke is nie werklik ons vyande nie; hulle bedek nie sy aangesig nie; hulle is nie waarskuwings van ‘n naderende storm nie. Wanneer jy verstaan dat wolke instrumente van goddelike liefde is, behoort hulle nie langer gevrees te word nie.

Jy sal nooit jou beproewings en lyding verstaan totdat jy die betekenis van heilige wolke verstaan nie.

“En die Here het voor hulle uitgetrek, bedags in 'n wolkkolom om hulle op die pad te lei...” (Exodus 13:21).

Kan jy God se volk voorstel waar hulle dag vir dag in daardie aaklige woestyn na ‘n wolk staar? Ek is seker die vyande van Israel het rondgegaan en gesê, “As hulle God so magtig is, waarom het hulle nie heeltyd sonskyn nie; waarom ly hulle daagliks onder daardie onheilspellende wolk? Oral waar hulle gaan, verskyn die wolk.”

Moenie bekommerd wees nie, my vriende. Daardie wolk wat ander gedink het so onwelkom was, was hulle daaglikse gids. Wanneer die wolk beweeg het, het hulle beweeg; wanneer dit gaan stilstaan het, het hulle stilgestaan.

God het goeie rede om ons wolk te laat talm. God het sy kinders beproef, om te sien of hulle voor Hom sou uithardloop en vergeet van sy leiding. Hy wag totdat ons aan die einde van ons geduld kom en gewillig is om uit te roep, “Here, ek sal wag in hierdie wildernis vir ewig, as dit u wil is. Ek sal dit op u manier doen; ek sal nie beweeg voor U my sê nie.”

As jy sou weet wat die goeie dinge is wat uit jou wolk sal kom, sou jy nie vir die verwydering daarvan vra nie.

Ek is oortuig dat elke ware Christen die presiese koers wat God vir hom gekies het, sou kies, as hy alles geweet het wat God weet. Die lewe is soos ‘n pragtige tapisserie, maar die Meesterwewer wys slegs een string op ‘n slag. As jy die wonderlike plan kon sien waaraan Hy werk, sou jy juig in plaas van terugdeins.

Tags