Mislukking is Nie die Einde Nie

Tim Dilena

Petrus is ‘n klassieke voorbeeld van ‘n gelowige wie misluk het en toe weer opgestaan en groot sukses bereik het. Net voor die kruisiging het hy Jesus drie keer verloën (lees die verhaal in Markus 14:66-72). Op ‘n tyd toe hy ‘n groot geleentheid gehad het om Christus te vereer, het hy Hom letterlik verloën. Maar na die opstanding, het Petrus ‘n van aangesig tot aangesig onmoeting met Jesus gehad wat nuwe lewe en energie in sy bediening ingeblaas het.

“Na hierdie dinge het Jesus weer aan sy dissipels verskyn by die see van Tibérias, en Hy het só verskyn: Daar was bymekaar Simon Petrus en Thomas wat Dídimus genoem word, en Natánael ... en twee ander van sy dissipels” (Johannes 21:1). Petrus het die leë graf van Jesus gesien na die opstanding. En toe het hy gesien hoe Jesus deur mure loop, hoe twyfelende Thomas, gelowige Thomas word, en hoe Jesus baie ander tekens gedoen het (sien Johannes 20). Petrus se ontmoeting met Jesus het ten einde geloop met Jesus wat vir hom sê, “Laat my skape wei” (Johannes 21:17). Hy was volkome vergewe, herstel en gedring om met vrymoedigheid te preek.

Mislukking is deel van die lewe. Almal beleef dit, maar nie almal staan daarná op nie. Onthou altyd die volgende; mislukking is nie die einde nie tensy jy moed verloor. Afgetrede Amerikaanse figuurskaatser en Olimpiese goue medaljewenner, Scott Hamilton, het ‘n Christelike opvoeding gehad, maar volgens sy eie getuienis, het hy God uit sy lewe laat gaan. Met verhoring op baie gebede, het hy ‘n oplewing van geloof en ‘n hernude verhouding met Christus gekry. Hy praat van mislukking op hierdie manier: “Ek het eenkeer bereken hoeveel keer ek geval het tydens my skaatsloopbaan. Dit was 41,600 keer. Maar ek het 41,600 keer opgestaan!” Dit is presies wat ons almal moet doen wanneer ons val: opstaan!

Dawid het gesê, “Deur die HERE word die gange van ‘n man bevestig, en Hy het ‘n welbehae in sy weg. As hy val, dan stort jy nie neer nie; want die HERE ondersteun hom” (Psalm 37:23-24). Salomo sê, “Want sewe maal val die regverdige en staan weer op” (Spreuke 24:16).

As ‘n gelowige, sien God jou as regverdig – op jou goeie dae en op jou slegte dae. Die belangrikste ding is dat jy weergebore is in sy familie en ‘n vertrouensverhouding met jou Vader het wat jou liefdevol vashou.

Pastoor Tim het in ‘n middestad gemeente in Detroit bedien vir dertig jaar voor hy by Brooklyn Tabernacle in New York Stad bedien het vir vyf jaar. Hy en sy vrou Cindy bedien tans in Lafayette, Louisiana