Krag Gegee Deur God se Gees

David Wilkerson (1931-2011)

Diegene wat vashou aan ‘n onwrikbare geloof is in vir ‘n heerlike manifestasie van Christus se opstandingskrag. Slegs jy en die Here sal al die intieme werkinge ken maar Hy sal jou verbaas; Hy sal jou opgewonde maak; Hy sal jou sy heerlikheid wys!

Die huidige grootheid van Christus, kan opgesom word in een kragtige vers: “In Hom was die lewe” (Johannes 1:4). Hy was – en is nou – kragtige lewe. Jesus was heeltyd vernuwe soos Hy van ‘n geheime reservoir, wat nooit leeg geraak het nie, getap het. Hy het nooit moeg geword vir die skare wat teen Hom gestamp het en sy geduld het nooit opgeraak nie.

Toe Jesus sy dissipels geroep het om eenkant toe te kom om te rus, het hulle na ‘n stil plek oorkant die meer vertrek. Die skare het ook daar gewag. Maar nie een keer het Hy gesê, “Ag nee! Dit is weer daardie probleem klomp met hulle nietige klagtes en dom vrae. Sal dit nooit ophou nie?” In plaas daarvan, het Hy die menigtes gesien en het deernis vir hulle gevoel. Hy was krag gegee deur die Gees en het aan die werk gespring. En hoewel Hy dae van werk en nagte van gebede gehad het, het Hy steeds tyd vir die kindertjies gehad.

Tydens ‘n vermoeide oomblik, het Jesus gestop om te rus by ‘n put, maar ‘n verlore vrou het hulp nodig gehad en weereens het Hy krag gekry. Sy dissipels het hulle Meester so ontspanne, so verkwik gekry! “Maar Hy sê vir hulle: Ek het voedsel om te eet waar julle nie van weet nie” (Johannes 4:32). Dit is die geheime krag van die opstandingslewe!

Vandag se gelowiges is dieselfde energieke lewe van Christus belowe. “En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon” (Romeine 8:11).

Dit is duidelik in die Skrif dat die Heilige Gees in ons leef om konstante lewe in ons te bring. God verskaf sy eie krag om na ons sterflike liggame te kom en ons liggaamlike krag te gee: “En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak” (Kolossense 2:13).

Dank God vir die huidige grootheid van ons Here Jesus Christus! Eien dit toe deur geloof en wandel in die opstandingslewe en krag!