Wandel in die Gees

David Wilkerson (1931-2011)

Die apostel Paulus het gesê, “MAAR ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie” (Galásiërs 5:16). Hy het ook gesê, “As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel” (5:25).

Om in die Gees te wandel, is om eenvoudig toe te laat dat die Heilige Gees in ons doen wat God Hom gestuur het om te doen. Jesus het van die Vader gesê, “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ’n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees” (John 14:16-17).

Romeine 8:26 beskryf een van die kragtigste werke van die Heilige Gees in die harte van die gelowige: “En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge” Die Hebreeuse woord vir sugting beteken ‘n hunkering – ‘n verlange na meer van Christus. Hierdie verlange sê, “Jesus, U is die enigste geluk wat daar in hierdie wêreld is. Wandel saam met my en neem beheer.”

Die Heilige Gees was aan ons gestuur as ‘n gawe van God om te seël, te heilig, te bemagtig, ons voor te berei en ons huistoe te bring as ‘n bruid wat gereed is vir Christus. Hy is ons Leidsman, ons Trootser, ons krag in tye van nood en Hy gebruik elke daad van verlossing – elke aanraking, elke manifestasie van Homself in ons – om ons geskikter te maak as ‘n bruid.

Die Heilige Gees kom nie om te vermaak of tekens en wonders te gee net om ons opgewonde te maak of ons te laat goed voel nie. Nee, Hy wil ons speen van hierdie wêreld, ons oortuig van sonde van alle dinge wat ons sou besmet en ons oë sou afhaal van Jesus. Hy wil in ons ‘n verlange skep vir Jesus se spoedige verskyning en ons beklee met die versiering van ‘n hartstogtelike begeerte om as bruid by Hom te wees.

As jy Jesus werklik liefhet, is Hy nooit uit jou gedagtes nie. En jy is kosbaarder vir Hom as wat jy ooit sou kon dink!