Die Wonderlike Rykdomme van God se Genade

David Wilkerson (1931-2011)

Die Skrif sê, “Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing” (1 Korinthiërs 1:30). Moenie afgesit word deur al die terme in hierdie vers nie. Eenvoudig gestel, die doel van die evangelie is verlossing en God se genade sluit alles in wat Hy deur Christus vir ons gedoen het om ons te verlos van die mag van die duiwel en ons in die koninkryk van sy heerlike lig te bring!

Geregtigheid (wat vryspraak is) is die hoeksteen van genade. Om vrygespreek te wees deur God beteken om vergewe te wees vir alle sonde en skuld en heilig en regverdig voor Hom beskou te word. Hoe het jy vergifnis en aanvaarding by God gekry? Was dit omdat God iets goed in jou gesien het, een of ander inherente regverdigheid wat jou na Hom aangetrek het? Het jy sy guns verdien met gehoorsaamheid en goedheid?

Nee – hoegenaamd nie! Die Woord sê, “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie” (Efésiërs 2:8-9).

Niemand word heilig of regverdig deur sy eie werke, gehoorsaamheid of getrouheid nie. Liewer, hierdie dinge is die gevolg van geloof in die krag van Christus se bloed om ons aanvaarbaar in God se oë te maak.

“Ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie” (Galásiërs 2:16). Om regverdig gemaak te word deur geloof is die moeilikste ding vir die vlees om te aanvaar. Ons wil ons verlossing verdien, maar ons moet ons onderwerp aan die geregtigheid van Christus en sy verlossing aanvaar. Dit is die pad na volkome vryheid.

Tags