Staan Op en Stry die Stryd

David Wilkerson (1931-2011)

Hoeveel Christene noem hulleself krygers maar was nog nooit getoets of opgelei nie? Ons hoor van die talle gebedskrygers in hierdie land. Maar die hartseer waarheid is dat die meeste van hulle nog nooit opgelei was nie – hulle is nie gereed om te veg nie. Talle ware gelowiges weier om teen die duiwel te stry of oorlog teen sy koninkryk te voer.

Wanneer God wel ‘n gelowige met ‘n honger en ‘n begeerte vir sy seën vind, plaas Hy hom in die ring om te leer baklei. Die Here gaan goed-opgeleide krygers nodig hê om oor al die magte van die hel te seëvier in hierdie laaste uur van oorlogvoering.

Tans doen God ‘n haastige werk in sy oorblyfsel – dit is krisisopleiding. Hierdie beproefde heiliges in hierdie opleiding word die kapteins van sy laaste-dag leër. God plaas ‘n Heilige Gees baklei in hulle en Hy bring krygers te voorskyn wat getoets en beproef is omdat hulle met God gestry het, net soos Jakob (sien Génesis 32:24-32).

Hierdie soort opleiding vereis fisieke dissipline sowel as geestelike dissipline. Jakob het sy hele liggaam in die stryd gewerp, al sy menslik vermoëns. ‘n Veggees het in hom opgestaan en die Skrif sê, “Ja, hy het met die Engel geworstel en die oorhand gekry” (Hoséa 12:5). Hierdie vers het ‘n belangrike betekenis vir almal wat in gebed wil seëvier. Dit sê Jakob het oorheers en die stryd gewen. As ons gaan oorwin in hierdie laaste dae, sal jy al jou krag daarin moet sit.

“Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan” (1 Petrus 5:8-9).

Talle Christene verwag dat God op een of ander manier hulle familie gaan red, verhoudings gaan herstel, wonderwerke gaan doen, alles teen geen koste vir hulle nie. Hulle wil net in hulle wiegstoel rus en “God vir alles glo.” Maar hierdie saak van volhard in gebed – “deurbreek” na God, antwoorde kry en resultate sien – gaan jou vlees iets kos.

God wil hê jy moet van Hom besit neem omdat Hy jou liefhet. Hy wil hê jy moet al sy seëninge opeis. Staan op met geloof en neem sy beloftes in besit. Staan op en veg. Jy het sy krag, so gebruik dit!