Vrede vir Jou Siel

David Wilkerson (1931-2011)

God het aan Sy volk ‘n heerlike, onbegryplike rus beloof wat vrede en versekering vir die siel insluit. Die Here het hierdie wonderlike rus vir die kinders van Israel aangebied – ‘n lewe van blydskap en oorwinning, sonder vrees, skuld of veroordeling – maar tot by die tyd van Christus, het geen gelowige geslag ooit ten volle in hierdie geseënde belofte gelewe nie. Soos die Bybel dit baie duidelik maak, hulle het dit nooit ontvang nie, weens hulle ongeloof: “...dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie” (Hebreërs 3:19).

Solank as wat hierdie Christene omring word deur hulle gelowige vriende en alles goed gaan, kan hulle selvoldaan van die oorwinningslewe praat. Maar wanneer die vyand sy woeste winde van teëspoed oor hulle waai, word hulle terneergedruk, geruk en gepluk, met geen krag om te weerstaan nie. Baie word deur versoeking oorweldig en val. Wat beteken dit dus om te rus in jou verlossing en die rotsvaste vrede en sekuriteit te hê wat vir alle Christene beskikbaar is in Christus?

Jesus sê, “Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en jule sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig” (Matthéüs 11:28-30).

Jesus praat hier van die dissipline om te leer wie Hy is en wat Hy aan die Kruis bewerkstellig het. Hy sê in wese, “Wanneer jou siel tot ruste gekom het, kan jy my juk op jou neem.” Jy lees dalk jou Bybel en bid ‘n bietjie elke dag, maar dit is nie genoeg nie. Jy moet die fundamentele waarheid waarop alle ander gebou word verstaan en toe-eien – die leerstelling van geregtigheid (vryspraak) deur geloof. Dit beteken vergifnis vir jou sonde en om deur God aanvaar te word as regverdig in Christus, deur geloof.

“Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom” (2 Korinthiërs 5:21).

Dierbare heilige, bid dat God hierdie kosbare waarheid ‘n werklikheid sal maak in jou gees sodat jy nie bekommerd sal wees elke keer as die vyand iets teen jou siel bring nie. Staan vas in die kruis van jou Verlosser, wat volkome rus vir jou beskik!

Tags