Lewe in Wonderlike Vryheid

David Wilkerson (1931-2011)

Die fundamentele waarheid van die Christendom is regverdigmaking (vryspraak) deur geloof. Jy sal nooit ware rus en vrede ken, totdat jy oortuig is dat jou eie werke van geregtigheid jou nooit in God se oë kan regverdig nie. Jy mag dalk goed voel oor die goeie werke wat jy doen en jy sal waarskynlik ‘n oomblik van oorwinning geniet wanneer jy versoeking weerstaan. Jy voel God se genade op jou, maar die volgende dag val jy weer terug in sonde en verloor jou blydskap. Waarom? Omdat jy in jouself altyd te kort skiet. En geen geregtigheid van die vlees sal ooit voor God stand hou nie. Ons word slegs deur Hom aanvaar as ons in Christus is.

“Want julle is almal een in Christus Jesus” (Galásiërs 3:28). Om “in Christus” te wees, beteken God reken Jesus se geregtigheid aan ons toe. Ons word regverdig (vrygespreek) beskou in ons Vader se oë as gevolg van Jesus. Al ons sondes is weggewas as gevolg van sy werk, nie ons s’n nie!

Paulus skryf, “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is” (Romeine 12:2). Ons moet heeltemal met hierdie wêreld breek en verander word na Christus se beeld alleen.

Geliefdes, Jesus het nie net gesterf om jou paradys toe te neem nie; Hy het gesterf sodat jy elke dag in die heerlike, innige gemeenskap met die Vader kan lewe. Jy kan met Hom praat, na Hom luister, Hom vra om jou te lei, om jou te rigting te gee, vir jou te sê waar jy verkeerd is en jou van sonde te oortuig – alles net omdat Hy in jou woon deur Sy Gees!

Ja, Jesus het gesterf sodat ons verlossing in en van hierdie teenwoordige wêreld kan geniet. Dit beteken bloot die volgende:

  • Hy verlos ons van die mag, skuld en veroordeling van sonde.
  • Hy verlos ons van die veroordeling van ‘n skuldige gewete.
  •  Hy het versoening gedoen vir alle sonde en dit in die “see van vergetelheid” gewerp.
  • Hy het die voorhangsel in twee geskeur – en vir ons die weg na die Allerheiligste oopgemaak; ‘n weg vir ons om na Hom te kom en vir Hom om na ons te kom.

Al wat jy nodig het om in hierdie wonderlike vryheid te lewe, is ‘n geloof wat daarna smag om Hom in wie jy glo te ken, asook  ‘n honger in jou hart na Hom!

Tags