Jesus se Werk Voor die Troon

David Wilkerson (1931-2011)

Die Bybel sê vir ons dat toe Christus opgevaar het na die hemel, het Hy die bediening van Hoëpriester vir almal, wat in geloof na Hom toe kom, opgeneem het. “Maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ‘n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie [onveranderlik]" (Hebrews 7:24). Jesus is onveranderlik – dieselfde gister, vandag en vir ewig! So lank as wat jy leef, sal Hy jou Hoëpriester in die hemel wees en om jou onthalwe voorbidding doen.

Jesus sit aan die regterhand van die Vader, in die setel van gesag: “Ons het so ‘n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele” (Hebreërs 8:1). Ons Hoëpriester het al die mag en gesag tot sy beskikking.

Jesus is op hierdie oomblik in die Vader se teenwoordigheid waar Hy ons aanklaer, die duiwel, konfronteer, “Ek bestraf jou, Satan! Hierdie een is myne omdat hy besprinkel is met my bloed. Hy is veilig, sy skuld is ten volle betaal en Hy is vrygemaak!”

In die Ou Testament was dit die plig en voorreg van die hoëpriester om uit die Allerheiligste te kom en die mense te seën. Die Here het Moses beveel: “So moet julle die kinders van Israel seën deur vir hulle te sê: Die HERE sal jou seën en jou behoed; die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee” (Númeri 6:23-26).

Die laaste daad in die volgorde van die hoëpriester se bediening wanneer hy uit die Allerheiligste kom, was om sy hande op te hef en die volk te seën. En dit is die onveranderlike bediening van ons Hoëpriester volgens God se voorskrif. Jesus sê, “Ek sal jou met My bloed bedek. Ek sal vir jou intree voor die Vader. En Ek sal uitkom en jou seën!”

Die seën van die Ou Testament hoëpriester was tydelik – God se beloftes om die gewasse, vee, stede en al die mense se werke te seën. Maar die seën wat Jesus ons skenk is geestelik van aard: “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus” (Efésiërs 1:3).

Juig, dierbare heilige! Wanneer jy swak, gebroke en bedroef is of treur oor jou sonde, kan jy gerus wees – jou Hoëpriester is seën jou met alle geestelike seëninge. Kom na Hom toe met geloof. Hy verheug Hom daarin om jou te seën!