Vermy die Sonde van Twyfel

David Wilkerson (1931-2011)

Asaf, ‘n Leviet was ‘n sanger en leier van Koning Dawid se kooraanbidders; trouens, elf Psalms word aan hom toegeskryf. Hy was ‘n innige vriend van Dawid en die twee was lief daarvoor om saam in die huis van God te wees. Maar ten spyte van sy ontsaglike roeping en seën, het Asaf bely, “Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly” (Psalm 73:2).

Nou, ons weet dat Asaf ‘n man met ‘n rein hart was en geglo het dat God goed was. Trouens, hy het sy preek in hierdie psalm begin deur te sê, “Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is” (73:1).

Maar in net die volgende vers, bely Asaf dat hy amper gegly het. Waarom het hy dit gesê? Hy het opgelet dat die goddelose rondom hom voorspoedig was terwyl hulle God se bevele verwaarloos het en daarom kon Asaf maklik wonder waarom God nie “die boeke gebalanseer het nie,” as mens dit so kon stel.

Het jy al ooit gewonder waarom seëninge uitgestort op mense wat bedrieglike lewens lei? Miskien het jy beleef dat ‘n goddelose kollega beloon word in plaas van jouself, of ‘n onbekeerde buurman het materiële goed ontvang terwyl jy sukkel om te oorleef.

Dit kan baie maklik wees vir lydende Christene om in ‘n gruwelike sonde te verval – die sonde van twyfel. Hulle kan dalk dink, “Ek leef reg, maar al my strengheid en ywer om God se Woord te bestudeer, al my lof en aanbidding is verniet. Ten spyte van alles wat ek doen, ly ek steeds.”

Geliefde, dit is wanneer jy moet oppas. Wanneer jou beproewing oor jou kom, wanneer jy bedroef of moedeloos is, moet jy jou hart daarvan bewaar om in twyfel te verval. Moenie dat jou geloof of jou vertroue geskud word nie. God is steeds op die troon. Haal jou oë van jou beproewings af en plaas jou oë op die Here self. God sal jou help om Hom lief te hê en nooit in ongeloof te verval nie.

Asaf het beleef dat hy amper gegly het maar hy het vasgebyt en gesê, “In die HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel” (73:28). En jy kan dieselfde doen!