Vergifnis Sonder Grense

Claude Houde

Een van die mees verwoestende vyande van ons geloof is die kwessie van aanstoot. Op een of ander stadium, sal jy aanstoot neem van iemand en jy sal iemand aanstoot gee, al wil jy nie. Twee reaksies word vereis: Wanneer jy aanstoot neem, sal jy die geloof en gehoorsaamheid hê om te sê, “Ek vergewe jou hiervoor”? En wanneer jy aanstoot gegee het, sal jy die nederigheid hê om te sê, “Vergewe my, asseblief”?

Wanneer jy skade aangedoen is, het Jesus leiding insake jou pyn. Deur met die dissipels te praat, het Jesus vir hulle gesê, “Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom ... En as hy sewe maal op ’n dag teen jou sondig en sewe maal op ’n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou — moet jy hom vergewe” (Lukas 17:1,4). Dit was op hierdie stadium dat die dissipels uitgeroep het, “Gee ons meer geloof” (17:5).

Geloof is absoluut noodsaaklik vir die genesing van aanstoot. Sonder genesing, kan aanstoot onvergifnis word, wat sal veroorsaak dat die dood na elke deel van jou lewe versprei.

In die geval van aanstoot gee teenoor mekaar, het die dissipels grootgeword onder ‘n wet wat gesê het dat jy diegene moet liefhê wat jou liefhet en jy moet jou vyande haat. God verstaan enige oortreding wat ons verduur en neem dit nie ligtelik op nie. Jesus het ‘n nuwe boodskap van vergifnis sonder grense gebring en die vergifnis wat ons aan ander skenk, kan nie vergelyk met die onvoorwaardelike vergifnis wat ons van ons Vader ontvang nie.

Jesus het ons geleer om te bid, “Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose” (Matthéüs 6:11-13). Jy sal nooit meer soos God wees as jy in geloof vergewe nie en dit is die goddelike vloei van die gees van God wat jou kan herstel en toelaat om te vergewe.

Claude Houde is the hoofpastoor van Eglise Nouvelle Vie (Nuwe Lewe Kerk) in Montreal, Kanada. Onder sy leierskap het Nuwe Lewe Kerk gegroei van ‘n handjievol mense tot meer as  3500 in ‘n deel van Kanada met ‘n paar Protestante kerke.