Nie Bo Versoeking Nie

David Wilkerson (1931-2011)

Dit is wys om te onthou dat maak nie saak hoe rein, heilig en vlekkeloos jy voel of hoe veilig jy dink jy is nie, jy is nie bo versoeking nie! Wanneer jy Jesus liefhet, wanneer Hy die Saligmaker van jou hart en Heerser van jou wil is, is jy ‘n gemerkte mens in die hel. Satan sal probeer om jou in die grond in te vernietig en dit is ‘n wyse gelowige wat dit besef sodat hy toegerus kan wees vir die stryd.

Paulus verduidelik waarom God die duiwel toelaat om ons so ernstig te versoek, “Ja, ons het al self by onsself die doodsvonnis oor ons gehad, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dode opwek” (1 Korinthiërs 1:9). Satan se doel is om gelowiges met skuldgevoelens, vrees en veroordeling te vervul en om hulle moedeloos en terneergedruk te maak, maar die Here sorg vir sy kinders.

Dawid het gesê, “As die HERE nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie, dan het hulle ons lewendig verslind” (Psalm 124:2-3).

Dawid was ernstig versoek, het in owerspel verval, gelieg en ‘n onskuldige man vermoor. Toe die profeet Natan hom aan die kaak gestel het, was Satan sekerlik oortuig dat Dawid uitgeslaan was vir die telling. Hy het verwag dat die koning sy hande in die lug sou gooi en uitroep, “Wat is die nut? Ek het God in die skande gesteek en het presies dieselfde sondes gepleeg waarteen ek gepreek het. Nou kan God my nooit weer gebruik nie!”

Maar luister na Dawid se uitroep nadat hy hom bekeer het. “Die HERE het my hard gekasty, maar my aan die dood nie oorgegee nie” (Psalm 118:18). Hy het in wese gesê, “Ek was versoek en getoets, maar God wou my nie oorgee aan Satan se mag nie!”

Geliefde, as die duiwel na jou toe kom met kragtige versoekings, is dit nie altyd omdat jy sonde in jou lewe het nie. Hy val jou moontlik aan omdat jy jou tot die Here gewend het en nou probeer hy om jou geloof te vernietig. Laat die volgende Skrif jou in jou hart bemoedig:

“Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra” (1 Korinthiërs 10:13).