Kalm in die Storm

David Wilkerson (1931-2011)

God het aan die profeet Sagaría belowe dat Hy in die laaste dae ‘n beskermende muur van vuur rondom sy volk sal wees: “En Ek sal vir hom wees, spreek die Here, ‘n vurige muur rondom en tot heerlikheid daar binne-in” (Sagaría  2:5). Net so, het Jesaja getuig: “En daar sal ‘n afdak wees vir ‘n skaduwee bedags teen die hitte en vir ‘n skuilplek en toevlug teen die stortbui en die reën” (Jesaja 4:6).

Hierdie beloftes is bedoel om ons voor die groot storm in die laaste dae te kom vertroos. Trouens, Jesus sê dat die naderende storm so vreesaanjaend sal wees, dat mense se harte sal beswyk as hulle dit sien ontwikkel (sien Lukas 21:26).

Nou, as Jesus sê dat hierdie storm kwaai sal wees, dan moet ons weet dat dit ‘n ontsagwekkende oomblik in die geskiedenis sal wees. Die Bybel verseker ons egter dat God nooit sy oordeel oor enige gemeenskap stuur tensy Hy nie eers sy plan aan sy profete geopenbaar het nie: “Want die Here Here doen niks tensy Hy sy raadbesluit aan sy knegte die profete, geopenbaar het nie” (Amos 3:7).

Dit is ‘n wonderlike uitdrukking van ons Here se groot liefde vir sy kinders. Net voor enige dreigende storm of oordeel, beveel Hy altyd sy profete om die mense te waarsku om hulle tot Hom te bekeer: “Ek het ook tot die profete gespreek, en Ek het gesigte vermenigvuldig en deur middel van die profete gelykenisse voorgedra” (Hoséa 12:10).

Hou altyd in gedagte dat God liefdevol sy volk terugroep na Hom toe om hulle te beskerm in stormagtige tye. Ons land het ver van God af weggedwaal. Kyk net na die aborsietempo, die toestande in skole, die verslawing, laster en onsedelikheid in ons samelewing.

Hoe volg ons Jesus se gesindheid na in hierdie moeilike tye? Die geheim: Jesus het die Vader altyd voor oë gehou! Dawid praat profeties van Christus: “Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie” (Handelinge 2:25). Die letterlike betekenis hier is, “Ek was altyd in sy teenwoordigheid en het sy aangesig aanskou.”

Geliefde, as ons die naderende storm gaan beleef, dan moet ons gereed wees sodat niks ons gees ontstel nie. En die enigste manier om dit te doen, is om tyd in die Vader se teenwoordigheid deur te bring en sy in aangesig te kyk. Ons moet met Hom afgesonder wees – op ons knieë – todat ons volkome oortuig is dat Hy aan ons regterhand is!