Glo God vir die Bonatuurlike

Gary Wilkerson

‘n Toneel in Markus se evangelie spreek vier tipes vure wat ons geloof kan aanval aan. Wanneer ‘n onheil ons skielik oorval, kan ons gevoelens van hopeloosheid en moedeloosheid beleef.

Jaïrus, ‘n toegewyde God-vresende man en leier van die plaaslike sinagoge, het ‘n krisis beleef. Sy jong dogter was tot die dood toe siek en toe hy hoor dat Jesus, die Geneesheer, naby was, het hy besluit, “Ek sal my geloof in Hom plaas.” Hy het na die Messias gehardloop, aan sy voete neergeval en vurig by Hom gepleit, “My dogtertjie is op haar uiterste; kom lê haar die hande op, sodat sy gesond kan word, en sy sal leef” (Markus 5:22-23).

Jaïrus het gepleit vir ‘n wonderwerk: “Here, tensy U dit doen, het ek geen hoop nie. Dokters kan my nie help nie maar ek weet dat U ‘n wonderwerk kan laat plaasvind!” Die frase wat Jaïrus in die vers hierbo gebruik het – “en sy sal leef” – dui op Jaïrus se geloof in Christus se vermoë. Hy het die Here vir die onmoontlike geglo en gesê, “Jesus, U kan.” Hy het geweet dat as Christus net sy dogter sou aanraak, sy genees sou word.

Wat volgende gebeur, openbaar nog ‘n vlak van geloof: “En Hy het saam met hom gegaan. En ‘n groot menigte het Hom gevolg en Hom verdring. En ‘n sekere vrou wat twaalf jaar lank bloedvloeiing gehad het en veel onder baie geneeshere gely en al haar besittings uitgegee het sonder om enige baat te vind, maar eerder erger geword het” (Markus 5:24-26).

Hier ontmoet ons nog iemand in ‘n desperate toestand. Hierdie vrou het van dokter tot dokter gegaan en haar hulpbronne uitgeput om na ‘n kuur te soek en haar toestand het net versleg. Maar toe sy hoor dat Jesus naby was, het hoop in haar hart opgespring en daardie mostertsaad van geloof het in haar hart gegroei. Sy het gedink “As ek maar sy klere kan aanraak, sal ek gesond word” (5:28).

Hierdie vrou se geloof was so sterk dat sy oortuig was dat die goedheid van God ‘n wonderwerk in haar liggaam sou doen. Dit was rotsvaste, konkrete geloof – die tipe geloof wat God glo vir wonderwerke gebaseer op sy goedheid.

Glo jy steeds Jesus kan? Glo jy Hy sal? Maak nie saak wat jou beproewing is nie, maak nie saak hoe hopeloos dit lyk nie, Hy is gereed om in te gryp. Vra Hom om vandag geloof in jou te blaas.