Dit is Nooit Te Laat Nie

David Wilkerson (1931-2011)

God kan enigiets wat jy as dood aanvaar het, weer lewend maak. Ons is bekend met die storie in Markus 5 rakende Jaïrus, die desperate owerste van die sinagoge wat vir Jesus gevra het om sy dogter te genees. Sy twaalf jaar oue dogter was op sterwe en Jaïrus het Christus gesmeek om na sy huis te kom en hande op haar te lê.

Jesus het ingestem om saam met Jaïrus te gaan maar het ‘n paar onderbrekings langs die pad gehad. Toe Jesus die gestop het om die vrou met die bloedsiekte wat die soom van sy kleed aangeraak het te bedien (Markus 5:25-34), het ‘n boodskapper daar aangekom met die tragiese nuus dat Jaïrus se dogter gesterf het (5:35). Natuurlik was Jaïrus se hart met droefheid gevul en hy moes gedink het, “As ons tog net betyds daar aangekom het. Nou is dit te laat – my dogter is dood!” Maar Jesus het hom verseker, “Moenie vrees nie; glo net” (5:36).

Hulle het na Jaïrus se huis gegaan en toe hulle nader aan die eiendom gekom het, het hulle die geluid van geween en rouklaag gehoor. Jaïrus se familie en bure het hardop getreur. Beskou die kontras in hierdie toneel: God in die vlees, die Skepper van die heelal het in al sy krag gekom om die ondenkbare te doen. Die roubeklaers het in sy teenwoordigheid geween. Kortliks, hulle het getuig, “God kan jou slegs help solank daar een of ander teken van hoop oor is. Maar wanneer alle lewe verdwyn het; is dit nie nodig om Hom aan te roep nie; nie eens Hy kan nie daardie soort situasie hanteer nie.”

Hoeveel Christene kan nie langer die Here aanroep nie omdat hulle dink dat hulle probleem hopeloos is? Jesus het sulke ongeloof bestraf toe Hy vir die huilende skare by Jaïrus se huis gesê het: “Waarom gaan julle so te kere en ween julle? Die kind is nie dood nie, maar slaap” (5:39).

Die Here het in wese gesê, “Hierdie situasie is nie wat julle sien of dink nie. Julle dink alles is hopeloos, maar Ek sê dat daar herstel sal wees.” Hy het toe na die dogtertjie se kamer gegaan en met net een klein frase, het Hy die kind lewend gemaak (5:41).

Hierdie storie in Markus se evangelie wys vir ons dat niks te “dood” of te ver heen is  vir Jesus om lewe te herstel nie. Hy sê in wese, “Plaas jou vertroue in My om jou probleem op te los. Dit is nooit te laat vir My om op te tree nie.”