‘n Visioen van Hoop

Gary Wilkerson

Die profeet Eségiël het magtig in die Gees beweeg en die Here het aan hom ‘n visioen, wat ‘n tydige boodskap van geestelike ontwaking vir die kerk vandag is, gegee. Soos die meeste Ou Testamentiese profete, het Eségiël die koning van Israel gedien, wat beteken dat hy dikwels saam met die koning se leër gereis en die gruwels van oorlog gesien het. Maar Eségiël het ‘n visioen, wat alles oortref wat hy in die werklike lewe gesien het, ontvang.

God het vir Eségiël gesê, “Gaan sit, want Ek het iets wat Ek vir jou wil wys” (sien Eségiël 37:1). Die Hebreeuse woord vir “gaan sit” in Eségiël is dieselfde woord wat ons in Lukas 24:49 kry waar Jesus sy dissipels beveel het, “Maar julle moet in die stad Jerusalem bly [gaan sit] totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.” Die betekenis in beide gevalle is, “Lê julle planne en strategieë neer en wag dan op My om julle met my krag te vul.”

In Eségiël se visioen, was die profeet na ‘n vallei met droë bene gelei: “En Hy het my uitgebring deur die Gees van die Here en my neergesit in die laagte; en dit was vol bene. En Hy het my by hulle laat verbygaan na alle kante toe; en kyk, daar het ‘n groot menigte oor die laagte gelê, en kyk, hulle was baie dor” (Eségiël 37:1-2). Wat ‘n verskriklike toneel – ‘n uitgestrekte vallei vol geraamtes so ver as wat Eségiël kon sien. Terwyl Eségiël na die toneel voor Hom gekyk het, het God vir hom gevra, “Mensekind, kan hierdie bene lewendig word?” (37:3). En Eségiël het geantwoord, “Here Here, U weet dit” (dieselde vers). Eségiël se antwoord was een van volkome vertroue – net die antwoord waarvoor God gewag het om te hoor.

Jy beleef dalk moeilike dinge in jou lewe en indien wel, vra Christus dieselfde vraag vir jou vandag: “Kan die droë bene van jou situasie lewend word? Glo jy dit kan gebeur?”

God het vir Eségiël gesê om oor die bene te profeteer sodat hulle kan lewe en Hy vra dieselfde van ons. Wanneer ons geloof aktief is, roep Hy ons tot aksie, om lewe in ons families en in ons verskeie uitdagings te spreek. “En Ek sal... gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word” (37:6).

Uit chaos bring Jesus lewe voort; uit as, bring Hy prag voort. En in ‘n verskriklike situasie waarin die vyand net verwoesting ten doel het, blaas Jesus nuwe lewe!

Tags