Oorwinning in Moeilike Tye

Carter Conlon

Die Bybel waarsku dat daar onuitspreeklike duisternis en ‘n groot afval sal wees in die laaste dae voor Christus se wederkoms, maar die meeste van ons het nooit gedink ons sou leef om ‘n dag van sedelike verval te sien soos nou nie.

Voor Dawid koning geword het, het hy in tyd geleef waarin sy eie volk ‘n skrikwekkende geestelike agteruitgang beleef het. Eie wil en valse geestelikheid onder Koning Saul, was openlik vertoon en het die volk gelei tot wat onvermydelik ‘n seker nederlaag, sonder goddelike ingryping sou wees. Dawid het gou agtergekom dat hy agtervolg was deur ‘n leër wat gehoop het om ontslae te raak van alles wat God verteenwoordig het. Ons weet natuurlik dat Dawid uiteindelik iemand geword het wat ‘n verskil gemaak het.

Wat is ons veronderstel om te doen in hierdie dae? Ons moet bid vir verlossing van die bose gees van die eeu. “Red my, HERE, van die kwaaddoeners, bewaar my vir die manne van geweld; wat slegte dinge in die hart bedink” (Psalm 140:2-3). In hierdie Psalm, het Dawid verwys na diegene wat na ‘n oplossing in menslike terme gesoek het. Dawid was die Christus-tipe van sy generasie en hy het geroepe gevoel om uit te styg bo die kleinlike geweld en griewe van sy geslag.

Ons moet ook bid vir verlossing van die gees van hierdie eeu en sê, “Here, ek wil nie deel wees van die probleem nie maar deel van die oplossing. Help my om my gedagtes terug te kry op geestelike dinge. Kry my weg van die media en enigiets wat my gees vergiftig en kan veroorsaak dat my spraak sy effektiwitiet verloor omdat dit presies soos die wêreld word. Gee vir my u Heilige Gees! Gee vir my u gedagtes, u ingesteldheid, u deernis vir die menigtes. Help my om selfs my vyande lief te hê.”

In die natuurlike, is ons aan die swakker kant; maar in die geestelike, is ons reeds meer as oorwinnaars. Ons sit aan die regterhand van Almagtige God, die een wat reeds die mag van duisternis vernietig het en met alle mag en gesag beklee is. Ons het direkte toegang tot die troon van God met krag om die duisternis terug te druk en te glo dat daar oorwinning en gejubel sal wees in die dae wat kom!

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.