Toegang tot God se Gees

Gary Wilkerson

“En op die derde dag was daar ‘n bruilof te Kana in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar. En Jesus en sy dissipels was ook na die bruilof genooi. En toe daar wyn kortkom, sê die moeder van Jesus vir Hom: Hulle het geen wyn nie. Jesus sê vir haar: Vrou, wat het Ek met u te doen? My uur het nog nie gekom nie. Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen” (Johannes 2:1-5).

Jesus het pas sy bediening begin en het reeds ‘n klein gevolg dissipels gehad. Hierdie wonderwerk by die bruilof in Kana was sy eerste en dit het sy heerlikheid op ‘n skouspelagtige wyse aan die wêreld geopenbaar. Dit het egter ook ‘n dieper betekenis vir die kerk buite daardie tyd en plek.

Deur die hele Nuwe Testament, word wyn geassosieer met die geopenbaarde teenwoordigheid van God deur die Heilige Gees. In hierdie toneel, was die wyn die middelpunt van die bruilofviering en was vrylik geskink en bedien aan die genooide gaste. Dit is ‘n beeld van ‘n vreugdevolle mensdom na wie God se Gees vrylik vloei. Maar vers drie bevat ‘n kragtige simboliese frase: “Toe daar wyn kortkom.”

Die gashere by die bruilof se wyn het opgeraak en die mense moes dit aangevul hê om hulle blydskap te behou. As Christene, is die Heilige Gees binne-in ons almal teenwoordig, maar ons moet voortdurend met die Gees vervul word omdat ons ‘n eb en vloed in ons wandel met Christus beleef. Dit beteken nie dat sy Gees ons verlaat nie, maar dit beteken wel dat ons weer en weer teruggeroep word om die diep dors wat Hy in ons opwek te les.

Die beste manier om gevul te word met God se Gees is eenvoudig om sy stem te hoor en sy bevele te gehoorsaam. Deur dit te doen, gee aan ons vrede, veiligheid en blydskap, en laat ons met gesag met God praat. As volgelinge van Jesus, moet ons met sy vrede vervul wees en onwrikbaar teen boosheid staan, terwyl ons lewens skyn as ligte te midde van die duisternis. Ons moet gereed wees met ‘n antwoord as mense rondom ons vra, “Hoe kan jy soveel vrede hê te midde van alles wat aangaan?”

God gaan ‘n getuienis van sy goedheid gee te midde van paniek, ‘n getuienis van heiligheid in bose tye. Bid saam met my: “Here, stort die wyn van U Gees op my uit – U wyn van genesing, salwing, redding en herstel. Werk deur u kinders om nuwe lewe te bring. Amen!”