Word Jy Meer Soos Christus?

David Wilkerson (1931-2011)

Om in genade te groei beteken om meer soos Christus te word deur die onverdiende krag van God se Gees. Vertrou jy op die Heilige Gees om jou meer soos Jesus te maak – in jou huis, jou verhoudings en by jou werk?”

Hierdie vraag is veral van toepassing op volwasse Christene, mense wat oor jare heen ‘n geestelike fondament gebou het met gereelde Bybelstudie, ‘n konsekwente gebedslewe en goddelike lering. Na al jou studies, gebed en dit wat jy geleer het, word jy steeds meer soos Jesus? Is jy meer deernisvol, sagmoedig, barmhartig en vergewensgesind as wat jy hierdie tyd verlede jaar was? Of word jou groei belemmer en het jy gaan staan op ‘n plato van nul groei?

Die apostel Petrus beskryf ‘n ontsagwekkende dag wat kom wanneer die hemele sal verbygaan, die aarde se elemente sal smelt en alles in die skepping sal vergaan. Daarom sê hy dat ons altyd gereed moet wees en verlang na ons Here se wederkoms: “Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit julle vastigheid nie” (2 Petrus 3:17).

Petrus se waarskuwing in vers 17: “dat julle nie miskien” is ‘n ernstige uitdaging vir gelowiges. Hy daag ons uit deurdat hy sê: “Jy is ‘n liefhebber van Jesus. Jy sê dat jy gereed is en na die Here se wederkoms verlang; trouens, jy waarsku altyd ander om dieselfde te doen. Maar is jy ‘n voorbeeld vir die res van Christus se kerk in jou lewe? Of leef jy asof Jesus nooit gaan terugkom nie? Pasop, omdat jy weggelei kan word deur misleiding van sedelose mense.

Hierdie “dwaling van sedelose mense” is die misgissing dat Jesus nie regtig voor die deur is nie. Dit is lei tot ‘n gebrek aan belangstelling, ‘n tragiese sorgeloosheid wat gedemonstreer word in gesprekke en lewenstyl op hierdie laat uur.

Jy getuig miskien dat jy gered, geregverdig en geheilig is; dat jy die begeertes van hierdie bose eeu ontvlug het; dat jy geseën is met ‘n intieme kennis van Jesus. Maar, Petrus waarsku, “Daar is ‘n gevaar om weggelei te word van groei, terug na die slawerny van bitterheid en wraak. Jy word dalk onvriendelik, onbarmhartig en onvergewensgesind.

Maak seker dat jy in genade groei! God was jou genadig, so wees genadig teenoor ander.