Versoekings Beleef

David Wilkerson (1931-2011)

Satan sal alles in sy vermoë doen om jou te versoek en te laat afdwaal van God se bestemming vir jou. Hy sal jou roeping ondermyn, jou van jou salwing beroof en jou oortuig dat God se goedkeuring op jou lewe ‘n leuen is. 

Toe Jesus woestyn toe gegaan het, het Hy ná veertig dae van vas, honger geword. Op die oomblik toe Jesus fisies kwesbaar was, het die duiwel sy eerste versoeking gebring. Die Skrif sê, “En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword. En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word” (Matthéüs 4:2-3).

Satan het Jesus uitgedaag: “As jy werklik God is, dan sal jy God se krag in jou hê. Spreek net die woord en beveel jouself hier uit.” Dit is een van die mees verraderlike versoekings wat ware goddelike mense beleef. Jy het ‘n passie vir God en wanneer jy na ‘n woestyn belewenis gelei word, ontstaan daar vrae na ‘n lang periode van beproewing. En dit is wanneer Satan se versoekings erger word as ooit.

Die vyand wil hê jy moet onafhanklik van die Vader optree. Wanneer jy in die middel van jou beproewing is, sê die duiwel, “Jou lyding is nie van God af nie. Jy hoef nie hierdeur te gaan nie. Jy het God se krag in jou deur die Heilige Gees en daarom hoef jy nie vir nog ‘n dag hiermee opgeskeep te wees nie. Spreek die woord en bevry jouself.”

Jesus het op die duiwel se versoeking geantwoord: “Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan” (Matthéüs 4:4). Selfs tydens op die toppunt van sy lyding, het Jesus nie sy ewige doel uit die oog verloor nie. As ons Here afhanklikheid en deernis deur ‘n woestynbelewens geleer het, sal jy ook!

God het jou lief in jou beproewingstye. Sy eie Gees het jou in die woestyn ingelei waar sy eie Seun reeds was. Laat Hom sy werk doen om jou tot volkome afhanklikheid en vertroue in Hom bring.