Voltydse Bediening aan Jesus

David Wilkerson (1931-2011)

God begeer dat elke gelowige betrokke moet wees in voltydse bediening – maar wat is voltydse bediening? Dit beteken nie bloot om ‘n kerk te lei, as ‘n evangelis te reis of na ‘n vreemde land as ‘n sendeling gaan nie. Die Skrif sê dat ons almal geroep is as priesters vir die Here; in die Here se oë, is voltydse bediening tot Hom.

Jy sal nie menslike applous, ‘n plan, ‘n opdrag, of betrokkenheid met een of ander groot werk nodig hê nie. Die enigste bediening wat jou siel versadig, is jou gebed en aanbidding tot die Here omdat jy weet dat alle bediening uit die bediening aan die Saligmaker spruit. Wanneer jy jouself volkome oorgegee het aan een ding – om die Here te bedien – dan sal jy gereed wees vir dit wat God as voltydse bediening sien.

In die dae wat kom, sal passiewe, louwarm gelowiges in hulle gewetens gebrandmerk word. Dit sal nie ‘n verharding teenoor God wees nie; hulle sal ‘n gedaante van godsaligheid hê en hulle sal glo dat hulle veilig is, maar die tyd sal kom wanneer hulle hoegenaamd geen gevoel sal hê nie. En daarom sal hulle geen vrees, skok of bekommernis oor die ewigheid hê nie. Hulle sal ophou groei in Christus en maklike teikens van Satan word.

Paulus beskryf wat met diegene gebeur wat weier om volwasse in Christus te word: “Mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe” (Efésiërs 4:18-19). Kortliks, sulke mense word gemaklik oor die dinge van God en ignoreer alle oproepe op wakker te word en Hom te soek.

Ek moedig elke jong gelowige aan: as jy louwarm en apaties teenoor Jesus geword het, word wakker! Moenie dat die vuur van die Heilige Gees jou lewe verlaat nie. Soek die Here en word ‘n voltydse bedienaar tot Hom en strewe Hom na met jou hele hart. Deur dit te doen, sal jy die krag van Christus hê om die dae wat kom met vertroue en vrede in die oë te kyk.