Geroep, Beproef en Volgens God se Voorneme

David Wilkerson (1931-2011)

Die apostel Paulus sê van God, “Wat ons gered en geroep het met ‘n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons ewigheid af in Christus Jesus geskenk is” (2 Timótheüs 1:9).

In eenvoudige taal, is elke persoon wat “in Christus” is deur die Here geroep. En ons het almal dieselfde opdrag: om God se stem te hoor, om sy Woord uit te dra, om nooit mense te vrees nie en om die Here te vertrou te midde van elke denkbare beproewing. Trouens, God se beloftes is van toepassing op al sy dienaars. Dit beteken dat ons nie ‘n boodskap voorberei hoef te hê om aan die wêreld te verkondig nie. Hy het beloof om ons monde met sy Woord te vul op die presiese oomblik wat ons dit nodig het. Maar dit sal slegs gebeur as ons Hom vertrou.

Paulus sê vir ons dat baie mense as predikers, leraars en apostels aangestel is en dat hulle almal daarvoor gaan ly. Hy ag homself deel van hulle: “Waarvoor ek aangestel is as prediker en apostel en leraar van die heidene. Om hierdie rede ly ek ook hierdie dinge” (2 Timótheüs 1:11-12). Hy het in wese gesê, “God het my heilige werk gegee om te doen. En omdat ek daardie roeping het, sal ek ly.”

Die Skrif dui aan dat Paulus beproef was soos min ander bedienaars ooit was. Satan het hom keer op keer probeer doodmaak. Die sogenaamde godsdienstige skare het hom verwerp en bespot en soms het selfs diegene wat hom ondersteun het, hom verlaat en mishandel agtergelaat. Maar Paulus was nooit voor mense in die skande nie en ook was hy nooit verskrik of beskaam voor die wêreld nie. En interessant genoeg, Paulus het nooit uitgebrand nie. Op elke geleentheid, het hy ‘n geseënde woord van God gehad om te verkondig, net wanneer dit nodig was.

Paulus kon nie geskok word nie – en hy het nooit sy vertroue in die Here verloor nie. In plaas daarvan, het hy getuig, “Ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot daardie dag toe” (2 Timótheüs 1:12). Eenvoudig gestel: “Ek het my lewe ten volle aan die Here se getrouheid toevertrou. Lewend of dood, ek is syne.”

Geliefde, jy mag dalk stryd beleef en die hemele mag dalk vir jou soos koper voel. Maar die Heilige Gees is getrou om jou te herstel en te laat opstaan. Hy sal jou deur elke donker nag dra, so moenie dat die duiwel jou afbreek nie!