Die Geheim van Geestelike Krag

David Wilkerson (1931-2011)

“Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die Here, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie. Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie” (Isaiah 40:28-31).

Dit is kragtige woorde van die profeet Jesaja. Op hierdie oomblik lyk dit asof die wêreld bewe en die kinders van God moet weet hoe om hulle krag te midde van dit alles te behou. Om tot God te nader in krisistye is noodsaaklik om stabiliteit en effektiwiteit te behou.

Die psalmdigter Dawid sê, “o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders! U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; U steek hulle weg in 'n hut vir die twis van die tonge” (Psalm 31:20-21).

Dit is diepsinnig! Dawid sê in wese vir ons: “Alle ware krag kom deur om tot die Here te nader. Trouens, die mate van ons krag is eweredig aan ons nabyheid aan Hom.”  Eenvoudig gestel, hoe nader ons aan Jesus is, hoe sterker sal ons wees. Om die waarheid te sê, alle krag wat ons ooit sal nodig kry, sal deur ons afgesonderde gebedslewe kom.

Die vyand van ons siele wil al jou krag tap en sal enigiets wat hy kan, gebruik, selfs “goeie” dinge, om jou te keer om tyd alleen saam met Jesus deur te bring. Hy weet dat jou tyd saam met die Saligmaker jou in staat stel om vrees en angs te weerstaan, selfs in hierdie kommerwekkende tyd. Ons beleef moeilike tye en stuur af op ongelooflike veranderige.

Almal van ons moet vra, “Hoe naby is ek aan Jesus in hierdie uur?” Bring daagliks tyd alleen saam met Hom deur en soek sy aangesig in gebed. Hy belowe om al jou smekinge te hoor en al jou behoeftes aan te spreek.