Jou Hart se Roepstem

Gary Wilkerson

Die Israeliete het gekreun onder die juk van slawerny en hulle hulpgeroep het opgestyg na hulle Vader in die hemel. God se antwoord op hulle behoort ons geloof op te bou en ons vertroue in Hom te versterk: “En God het hulle gekerm gehoor, en God het gedink” (Exodus 2:24). Die woord “onthou” beteken hier dat God op die punt was om die werklikheid van sy beloftes in hulle lewens na vore te bring en sy begeertes vir hulle sou openbaar word. “En God het die kinders van Israel aangesien, en God het hulle geken” (2:25). Selfs al was Israel in slawerny, was God se beloofde werklikhede binne hulle bereik.

Die beloftes van God wat vir ons gegee is deur Jesus – vryheid van verslawing en slawerny aan sonde – is bo enigiets wat ons kan dink of voorstel. Hy het ons saam met Homself in die hemele laat sit en aan ons ons identiteit in Hom gegee. As hierdie fenomenale beloftes nie jou vertroue opbou nie, is daar iets verkeerd met ons beeld van God. Ons sien nie sy heerlikheid so volkome en duidelik as wat ons behoort te doen nie.

Geen komplekse teologie is nodig vir God om jou te verhoor nie. Al wat nodig is, is jou hart se eenvoudige roepstem, “Here, ek vra U om hulp omdat u Woord belowe dat U my sal verlos van my vyande en vir my die verlossing en oorwinning in Christus sal gee.”

Jesus se eerste belofte aan ons is oorvloedige lewe: “Ek het gekom sodat hulle lewe en oorvloed kan hê” (Johannes 10:10). Dit beteken oorvloedige lewe, strome van lewende water wat oor die rivierwal van ons siel stroom. Sy tweede belofte is heerskappy oor sonde, Satan en die dood. Daar is nie langer heerskappy oor ons nie, want Jesus heers! “Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade” (Romeine 6:14). Hy het die krag van sy Gees in ons harte geplaas, ons oorwinning oor sonde gegee en ons met blye krag gevul.

Die werk van die Heilige Gees stel ons in staat om te sê, “Hy het my heilig, onskuldig en vlekkeloos voor Hom gemaak. Ek is onafskeidbaar van sy liefde; daarom is ek meer as ‘n oorwinnaar teen enige wapen wat Satan teen my smee.”