Vind die Oplossing in Diensbaarheid

Gary Wilkerson

Soms is die oplossing vir ons probleme ‘n persoon wat dien. Dit klink waarskynlik nie na ‘n oplossing nie, of hoe? Ons oplossings is gewoonlik: “Kom ons hou ‘n drie-weke vas- en-gebedsbyeenkoms. Bied ‘n reeks herlewingsbyeenkomste aan! Waarom stuur ons nie iemand Bybelkollege toe nie?”

Die reaksie van die apostels op die vroeë kerk se probleme van rassisme, bevoordeling, klassisme en konflik oor mense se verlede was: “Kom ons soek mense wat regtig graag wil dien.”

Wat is God se reaksie op verdeeldheid, twis en sonde onder sy volk? Dit is dikwels om mans en vroue van God wat ‘n dienskneg-leierhart het, in die middel van alles te plaas. Hierdie mense gaan in en sê: “Ek is hier om julle te dien. Ek is hier om julle lief te hê.” Niks sal die demoniese vure van korrupsie en vleeslike lewens onder gelowiges uitblus as die mans en vroue wat God oprig, wat sê: “Ek wil geen erkenning hê nie. Ek wil nie op die verhoog geplaas word nie. Al wat ek wil hê, is om mense in nood te dien.”

Petrus self het vir die kerk gesê: “Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God” (1 Petrus 4:10, AFR53).

Jaag die gebruik van die gawe wat God aan jou gegee het nugter na. Moet dit nie langer eenkant hou nie. Ons is bedoel om binne die liggaam van gelowiges te werk en te dien, dus hou op om verskonings te maak soos: “Een van die dae sal ek weer betrokke raak, maar op die oomblik is ek ‘n bietjie moeg.”

Ons is geroep om nugter te leef en die roeping van God in ons lewens te verstaan. Daar is ‘n ou gesegde: “Dit is makliker om ‘n rollende klip te rig as een wat stil lê.” Vind ‘n manier om aan die gang te kom en jy sal agterkom dat jy meer en meer in die wil en salwing van God gerig word.