‘n Regverdige Reaksie op Afnemende Moraliteit

Gary Wilkerson

Wanneer ‘n volk teen God in opstand kom, gee mense hulself daaraan oor om hulself, hul seksualiteit en hulle onsedelikheid te aanbid. Hulle beoefen hierdie dinge nie meer net self nie; hulle trek aktief ander in hul sondige lewenswyse in.

Die mentaliteit in ons kultuur was vroeër: “O, ek doen hierdie ding, maar daar is ‘n bietjie skande en daarom steek ek dit weg.” Nou is verdraaide en verdorwe gedrag openlik. Daar is ‘n ongekende spoed waarteen ons selfbeheersing verwerp. Daar is ‘n aanbidding van self, ‘n verheerliking van die sonde en ‘n onverdraagsaamheid teen die dinge van God in ons huidige kultuur. Baie van ons wend ons tot goddelose leiers. Dit wil voorkom asof ons in hierdie generasie verteenwoordig sal word deur iemand wat onsedelik en goddeloos is en nie weet hoe om hulleself te beheer nie.

Spreuke sê: “Die lankmoedige is beter as ‘n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat ‘n stad inneem” (16:32, AFR53).

Ons het mense in hierdie moderne tyd wat heers oor stede en hele regerings, maar nie eers weet hoe om hul eie harte, gedrag of monde te beheer nie. Ek sê nie dat daar ‘n oordeel oor ons land is omdat ons goddelose leiers het nie. Dit is eerder omdat die mense dit so wil hê. Ons kry leiers na ons hart.

Nooit sien jy dat Petrus, Jakobus en Johannes uit die tronk kom nadat hulle geslaan was en dan teruggaan kerk toe en sê: “Ons moet die hofstelsels verander. Ons moet hierdie regering verander” nie. Hulle het nooit gepraat oor ‘n politieke antwoord op ‘n geestelike probleem nie. Hulle het dit altyd gesien as ‘n geestelike antwoord op ‘n politieke probleem.

Die dissipels het daarby gebly om die evangelie te verkondig, mense lief te hê en al hul hoop te rig op die Here, hul ewige Koning. Ons moet dit ook doen.