Stop die Leuens van die Vyand

David Wilkerson (1931-2011)

In ons tye van beproewing en versoeking kom Satan na ons toe met leuens: “Jy is nou omsingel en daar is geen uitweg nie. Jy is ‘n mislukking, anders sou jy nie hierdeur gaan nie. Daar is fout met jou en God is baie ontevrede.”

Te midde van sy beproewing, het Hiskia sy hulpeloosheid erken. Die koning het besef dat hy geen krag gehad het om die stemme wat teen hom gewoed het, mismoedigheid, dreigemente en leuens te keer nie. Hy het geweet dat hy homself nie uit die stryd kon verlos nie en daarom het hy die Here om hulp gevra. En God het geantwoord deur die profeet Jesaja na Hiskía te stuur.

Hiskía het amper vir die truuk van die vyand geval. Die feit is, as ons nie die leuens van Satan teëstaan nie – as ons nie in ons uur van krisis ons tot geloof en gebed wend nie, as ons nie krag put uit God se beloftes van verlossing nie, sal die duiwel fokus op ons wankelende geloof en sy aanvalle verskerp.

Hiskia het moed geskep uit die boodskap wat hy ontvang het, en hy kon baie duidelik vir Sanherib sê: “Duiwelskoning, jy het my nie gelaster nie. Jy het vir God self gelieg. My Here sal my verlos. En omdat jy Hom laster, sal jy sy toorn beleef!”

Die Bybel sê vir ons dat God Hiskia en Juda op dieselfde bonatuurlike dag verlos het: “En in dieselfde nag het die engel van die HERE uitgetrek en in die laer van die Assiriërs honderd-vyf-en-tagtigduisend verslaan; en toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak – was dit almal dooie liggame” (2 Konings 19:35).

Gelowiges staan​​vandag nie net op ‘n belofte nie, maar ook op die vergote bloed van Jesus Christus. En in daardie bloed het ons die oorwinning oor alle sonde, versoeking en stryd wat ons ooit kan teëkom. Miskien het jy die afgelope tyd ‘n brief van die duiwel ontvang. Ek vra jou: Glo jy dat God die voorkennis het om te weet wat jou beproewings sal wees? Al jou dwase dade? Al jou twyfel en vrees? As dit die geval is, het jy die voorbeeld van Dawid wat gebid het: “Hierdie ellendige man het geroep, en die Here het hom verlos.” Sal jy dieselfde doen?