TOE PETRUS JESUS TELEURGESTEL HET

David Wilkerson (1931-2011)

Op een of ander stadium mag jy dalk agterkom dat jou verhouding met die Saligmaker koel en verwyderd van Hom is. ‘n Kykie na die apostel Petrus se lewe openbaar dat hy Christus drie keer verloën het en selfs sover gegaan het om sy vir beskuldigers te sê, “Ek ken Hom nie” (Lukas 22:57). Hierdie dissipel was seker van sy verhouding met Jesus en het vir homself en ander gesê, “Ek sal nooit koud word in my liefde vir Christus nie. Ander mag wegloop, maar ek sal sterf vir my Here” (sien Matthéüs 26:35).

So, wat het Petrus by hierdie punt uitgebring? Dit was trots, die gevolg van selfregverdigende roem en hy was die eerste onder die dissipels om die stryd gewonne te gee. Hy het sy roeping verlaat, na sy ou loopbaan teruggekeer en vir die ander gesê, “Ek gaan visvang.” Wat Petrus in werklikheid gesê het, was, “Ek kan dit nie hanteer nie. Ek het gedink ek kon nie faal nie, maar ek het God erger teleurgestel as enige iemand anders deur Jesus te verloën. Ek kan nie meer die stryd hanteer nie.”

Teen hierdie tyd, het Petrus sy verloëning van Jesus bely en was ten volle herstel in die Verlosser se liefde. Hy was vergewe, genees en die Gees was op hom geblaas, maar hy was steeds ‘n uitgerafelde man van binne, onseker van homself. Hy het steeds gemeenskap gehad met Jesus en die dissipels en trouens, na ‘n tyd van visvang saam met sy vriende, het hy Jesus op die strand gesien en hulle het ‘n deurslaggewende gesprek gehad.

“Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei” (Johannes 21:15). Let op dat Jesus hom daardie keer nie herinner het om te waak en te bid of om pligsgetrou te wees om God se Woord te bestudeer nie. Nee, Petrus was beveel om “die lammers te laat wei.” Hierdie eenvoudige frase is ‘n sleutel om te waak teen verwaarlosing in ons geestelike lewens. Jesus het in wese gesê, “Ek wil hê jy moet vergeet van jou mislukking en die behoeftes van my kinders aanspreek. Soos die Vader My gestuur het, so stuur ek jou.”

As jy strewe om te bid, die Woord te bestudeer, ‘n heilige lewe te leef en Christus passievol lief te hê, maak seker dat jy nie diegene wat hartseer is in Christus se Liggaam – die lammers – ignoreer nie.