GEÏLLUSTREERDE PREKE

David Wilkerson (1931-2011)

Soos die wêreld een ramp na ‘n ander sien gebeur en onrus toeneem, beswyk “mense se harte…van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom” (Luke 21:26). Daar is baie profetiese waarskuwings oor sulke rampe – aardbewings, hongersnood, pestilensies – en belangstelling in die wegraping en eindtye neem toe. Maar, vir talle, is God heeltemal buite rekening gelaat. Gelowiges word opgewek om te bid en gereed te maak, maar sondaars lyk of hulle hul skouers oplig. Die goddelose luister eenvoudig net nie.

Jesus het vir ons gesê dat wanneer ons hierdie dinge sien gebeur, moet ons opkyk en juig, want ons verlossing is naby (see Lukas 21:28). As Christene, moet ons ons geloof “vestig” wat beteken ons moet dit “stabiliseer, onwrikbaar maak.” Die Skrif sê dit is binne ons mag om dit te doen: “Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ’n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word” (Jakobus 1:6-7).

God sê in wese vir ons, “Wanneer die wêreld na my kinders kyk in hierdie laaste dae van bewing en angs, moet hulle in staat wees om ‘n geloof te sien wat vas en onwrikbaar bly. So, gelowige, anker jou geloof! Neem ‘n vaste posisie in en moet dit nooit prysgee nie.”

Die wêreld het nie nóg preke oor geloof nodig nie. Ongelowiges moet ‘n geïllustreerde preek sien: die lewens van manne en vroue wat hulle geloof uitlewe voor die wêreld. Hulle moet dienaars van God sien gaan deur dieselfde rampe wat hulle beleef en nie daardeur onstel word nie.

“Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang” (Hebreërs 11:2). Wanneer ons ons geloofsposisie hou deur moeilike tye, het ons dieselfde bevestiging van die Heilige Gees: “Mooi so. Jy is God se getuienis voor die wêreld. Ander kan na jou kyk en sê dat daar hoop is.”