Oorwinning Deur God se Middele

Carter Conlon

“En my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag, sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God” (1 Korinthiërs 2:4-5). Paulus was alles behalwe ‘n swak man in die vlees; trouens, hy was ‘n leier onder leiers. Hy het eenkeer selfs gesê dat hy onberispelik was aangaande die werke van die wet (sien Filippense 3:6).

Ek sou nie wou luister na ‘n prediker wat geen persoonlike getuienis het van die wonderwerkende krag van God wat aan die werk is in sy of haar lewe nie. Paulus was iemand na wie jy kon kyk en sê, “Daar is ‘n krag, wat ek weet nie uit hierdie fisiese erdekruik kon kom nie, wat my hart aanraak. Dit moet van die Gees wees wat aan die werk is in hierdie een wat met my praat. Here, laat dit my deel wees in die dae wat kom!”

Toe ‘n nuwe geslag Israeliete op die punt was om in te gaan en die Beloofde Land, wat ander deur hulle ongeloof verbeur het, in besit te neem het hulle met die opdrag gegaan wat God vir Josua gegee het: “Kyk, Ek gee Jérigo met sy koning en dapper helde in jou hand” (Josua 6:2). Josua het daardie woord aangegryp, dit gehoorsaam en die kinders van Israel in die land van belofte ingelei.

Word jy versoek om te dink aan al die dinge waarteen jy baklei om deur te kom? In plaas daarvan, begin om te dink aan al die dinge wat God gedoen het. Negatiewe stemme wat jou nie tot geloof aanspoor nie, sal jou lei om in ‘n geestelike woestyn te sterf. Mediteer op sy Woord vandag en wees vol vertroue in Hom!

Carter Conlon joined the pastoral staff of Times Square Church in 1994 at the invitation of the founding pastor, David Wilkerson, and was appointed Senior Pastor in 2001.