WERKTUIE VAN GOD SE HEERLIKHEID

David Wilkerson (1931-2011)

God het jou nie vergeet nie! Hy weet presies waar jy is, waardeur jy gaan op hierdie oomblik, en Hy monitor elke stap op jou pad. Heel dikwels in krisistye, vergeet Christene dat God hulle in die palm van sy hand hou. In plaas daarvan, net soos die kinders van Israel, is hulle bang hulle gaan verwoes word deur die vyand. God moet dit moelik vind om te verstaan waarom sy kinders Hom nie vertrou wanneer hulle neerslagtig en in nood is nie. “Weet hulle nie hulle is in my handpalms gegraveer nie? Ek kan hulle in hulle uur van nood niks meer vergeet as wat ‘n moeder haar suigling sou kon vergeet nie” (sien Jesaja 49:15-16).

Weer en weer het God na Israel gekom en gepleit vir hulle volle vertroue in krisistye. “Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie” (Jesaja 30:15).

Dit blyk selfs dat die Nuwe Testament God se misnoeë met ongeloof weerklink: “Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ’n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie – so ’n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë” (Jakobus 1:6-8).

Het jy al ooit gevoel dat God jou verlaat en gelos het om dinge vir jouself uit te pluis? In plaas daarvan om jou aan die Here te onderwerp in stille vertroue en rus in sy beloftes, het jy dalk probeer om jou eie oplossings te vind en dinge het in jou gesig ontplof.

Wees verseker dat God al jou behoeftes sal aanspreek, maar bo alles, wil Hy gemeenskap met jou hernu. Kom terug na die binnekamer van gebed met eenvoudige, kinderlike geloof. Moenie só besig raak om aan God te werk dat jy vergeet dat Hy aan jou probeer werk om jou te verander in ‘n werktuig van heerlikheid.