GEKWESTE TROTS

David Wilkerson (1931-2011)

Vir al die gepraat in die kerk van vergifnis, restitusie, en genesing, is daar baie min wat werklik gedemonstreer word deur Christene. Ons almal hou daarvan om aan onsself te dink as vredemakers, ophelpers van die gevallenes, en dat ons altyd vergewe en vergeet. Maar selfs die mees geestelikes is skuldig daaraan om nie die gees van vergifnis te toon nie.

Ons vind dit moeilik om te diegene te vergewe wat ons trots skade gedoen het; of iemand wat ondankbaar is; of iemand wat ons mislei. En die meerderheid Christene weet glad nie hoe om kritiek te hanteer nie. Ons gebruik allerhande metodes om ons wrewel weg te steek, en word meesters om ons verdedigende houding uit te druk in meesterlike welsprekendheid. Ja, gekweste trots is ‘n verskriklike ding.

Dikwels, voor ons ander kan vergewe, moet ons leer om God te vergewe. Hoewel God nooit teen enigeen gesondig het nie, keer dit ons nie om ‘n wrok teen Hom te hê nie. Ons kom in sy teenwoordigheid in om te bid, maar ons het negatiewe gevoelens teenoor Hom omdat ons dink Hy het nie gedoen wat ons gedink het Hy moes nie. ‘n Gebed mag dalk onverhoor bly vir weke, maande – selfs jare. Of ‘n onverwagte siekte duik op of tragedie eis ‘n geliefde – en geloof begin te wankel.

Onthou, die Woord van God maak dit baie duidelik dat ‘n mens wat twyfel nooit iets van God sal ontvang nie: “Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ’n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie — so ’n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë” (Jakobus 1:6-8).

Jesus het hierdie geneigdheid in sy kinders verstaan om wrokke teen die hemel te hou wanneer berge nie beweeg word op skedule nie. Hy het Petrus gewaarsku nie om iets te vra in God se teenwoordigheid nie tensy hy vergewensgesind was. “En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe” (Markus 11:25).

As jy ‘n geheime wrok in jou hart teen ‘n ander persoon of teen die hemel het, laat die Gees van vergifnis deur jou vloei. God is getrou!