GLO GOD SE BELOFTE VAN OORWINNING

David Wilkerson (1931-2011)

God het besluit om sy doel hier op aarde te bereik deur eenvoudige mense te gebruik. Een van die mees bemoedigende skrifte in die Bybel is 2 Korinthiërs 4:7: “Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.” Dan gaan Paulus verder om daardie erdekruike te beskryf – sterwende mense, in alles verdruk, verdwaas, vervolg, terneergedruk.

God gebruik nooit die hoës en die magtiges nie maar in plaas daarvan, gebruik Hy die swakkes van hierdie wêreld om die wyse te beskaam. “Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam ... sodat geen vlees voor Hom sou roem nie” (1 Korinthiërs 1:26-29).

Die swakheid waarvan God praat is ons menslike onvermoë om sy gebooie in ons eie krag te gehoorsaam. Die Woord beskryf ‘n lang lys van manne wat God liefgehad het en magtig gebruik is deur Hom, maar wat amper tot in die grond in gedryf was deur hulle swakhede:

  • Jesaja, die groot gebedskryger, was ‘n mens net soos die res van ons, swak en verwond.
  • Dawid, die man na God se hart, was ‘n moorddadige owerspeler wat geen sedelike reg tot enige van God se beloftes gehad het nie.
  • Petrus het die Here God van die hemel verloën – en die Een gevloek wat hom die liefste gehad het.
  • Josef het sy verlore broers geterg in onvolwasse vreugde – totdat dit amper teen hom geboemerang het.

Het jy misluk? Laat jou hart al die beloftes van oorwinning in Jesus aanvaar. Laat jou geloof dan vir jou hart sê, “Ek mag dalk nog nie wees wat ek wil wees nie, maar God is aan die werk in my en ek sal daar uitkom soos suiwer goud. Ek dra alles op aan Hom wat my van struikeling kan bewaar en my foutloos voor die troon van God kan laat staan – met buitengewone groot blydskap!