‘n Openbaring van God se Genade

David Wilkerson (1931-2011)

Dawid erken God se groot genade toe hy gesê het, “Van u trou en u heil spreek ek; u goedertierenheid en u trou verberg ek nie vir die groot vergadering nie” (Psalm 40:11).

Dawid was dankbaar teenoor God vir so ‘n groot liefde, want hy was diep bewus van sy eie mislukkings. “My ongeregtighede het my ingehaal, en ek kan nie sien nie” (40:13). Dit maak nie saak hoe ernstig mense gesondig het nie, God se liefde bereik hulle steeds. Hy het sy Seun om hierdie rede as offer gestuur.

“Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys” (Psalm 63:3). Hierdie lewe is kort! Maar God se liefde sal vir wees. ‘n Biljoen jaar van nou af, sal Jesus net so teer en liefdevol wees as wat Hy nou is.

Die grootste proklamasie van sy goedertierenheid is blye lofsange. Stop en dink vir ‘n oomblik: God is nie vir jou kwaad nie. As jy gereed is om jou sondes te laat staan, kan jy op hierdie oomblik vergewe en herstel word. Die Woord sê dat niks tussen ons Here en ons kan kom nie: geen sonde, geen skuld, geen veroordelende gedagtes nie.

As jy regtig verstaan hoe liefdevol Hy teenoor jou is – hoe geduldig, hoe besorgd, hoe gereed om te vergewe en te seën – sou jy nie in staat wees om jouself te beteuel nie. Jy sou juig en en Hom prys totdat jy geen stem oor het nie!

Geliefde, Jesus kom – en ons is rein. Ons is gereed om te gaan. Jy het ‘n liefdevolle, teer Vader wat omgee oor jou. Hy het elke traan wat jy ooit gestort het, opgevang. Hy sien elke behoefte. Hy ken al jou gedagtes – en Hy het jou lief!